Monthly Archives: Desember 2010

Badkamerdeure kan nie sluit of behoorlik toemaak nie

Mense wat by die see bly kla in hierdie dae dikwels dat hulle familie kry wat kom “kuier” vir so ‘n week of wat.  Wat ‘n wonderlike voorreg om met ou (al is dit verlangse) familie te gaan “reconnect” en o  p die koop toe nie hoogseisoenpryse in gastehuise of vakansiewoonstelle, selfs van karavaanstaanplekke, hoef te betaal nie.  ‘n Absolute wen-wen!  Ons is glad nie uitsoekerig oor slaapplek nie, gooi maar net vir ons matrasse (julle het tog sekerlik) op die vloer, dis net ons vier, en Tertia se maatjie maak vyf.  Moenie bekommerd wees oor etes nie, ons bring vir julle ‘n lekker pak biltong en droëwors saam…  net tot so Nuwejaar!  Vriende, dit het nog nie met my gebeur nie, en daarom kan ek iets daaroor rep.  Let op:  die mense bly omdat hulle so lekker bly.  In kort: hulle slaap lekker, hulle eet lekker en hulle kuier lekker.  Die oplossings is dus voor die hand liggend, en ek sal nou daarby kom.

Laat ek net eers die wortel van die probleem uitlig, en dis nie net hulle voortvarendheid en vermetelheid nie.  Nee, jammer.  Die probleem lê eerder by jou.  Die probleem is jou ingeboude goeie maniere.  Soos ook op my voorkop, staan daar “sucker” op joune, en hulle lees dit daar.  Ja, sowaar. Daar is ‘n gebrek aan jou opvoeding: ma en pa het jou nie geleer hoe om “nee” te sê nie.  Jy glo moontlik dat dit slegte maniere sou wees – ja, kan jy glo! – terwyl dit duidelik hulle is met die slegte maniere, nie waar nie? Immers, is mens genooi of nie?  Jy sal dus self moet leer om meer assertief te wees.  Die geheim is VRIENDELIK maar FERM.  Ek het gehou van Emsie Schoeman se oplossing.  Begin altyd jou sin met “Ek wéns ek kon…. (lê klem op die “wens”), maar…”  Voltooi die sin dan met “Ons het eenvoudig geen plek die tyd van die jaar nie…”, “Ons huis is tans in geen kondisie om mense te ontvang nie” (onlangs in ‘n tydskrif gesien), “Ons het te veel dinge aan die gang op die oomblik”.  Klink opreg jammer, maar bly so half formeel.  Hou jou redes lekker vaag en onthou jy is geen verduideliking aan hulle verskuldig nie.  Onthou ook dat stiltes goed werk om ‘n gesprek wat sy expiry date bereik het, te help doodloop – wag net al hoe langer voor jy reageer.  Iets wat ironies genoeg nogal kan werk is om te sê dat hulle vreeslik welkom is, en dat jy graag met hulle oor die Here wil praat (ek het ‘n kollega wat vir die telemarketer sê dat hy graag sal luister na haar storie, maar dat sy dan ook na hom moet luister, want hy wil agterna graag met haar praat oor Jesus.  Daar is verbasend baie wat inwillig, en daar het jy jou oop deur).

As hulle eers daar is (en jy dus gefaal het in jou assertiwiteit, of jouself wysgemaak het dat dit eintlik tog dalk lekker sou wees, shame) moet jy eenvoudig seker maak dat hulle nie te lank bly nie en nie weer kom nie.  Dis nogal heel maklik:  hulle moet eenvoudig nie te lekker bly, eet of slaap nie.  Gee vir hulle ‘n vakansie wat hulle sal onthou!  Die volgende wenke is gewaarborg om te werk op die meeste mense, en ek bied dit gratis aan (alhoewel ek ‘n geregistreerde lewensbegeleier is):

1) Badkamerdeure kan nie sluit of behoorlik toemaak nie – dit waai sommer oop!  Of die oomblik as hulle in die badkamer is, vra jy: “Gaan jy nog lank wees?”

2) Daar word net geen ete gemaak oor middagete-tyd nie – sê: “Ag, oor die middag eet ons gewoonlik net ‘n vrug” – wys hulle die vrugtebak.

3) Sê: “Ons is op ‘n streng dieet” en maak alle etes met bruinrys en maer gekookte vleis.  Soetgoed is verbode.  (Hierdie is waarlik ‘n wen-wen wenk, want jy sal sommer gewig ook verloor).

4) Let wel, dis ook julle hond se huis.  Hy mag maar sy eiendom beskerm en op die besoekers blaf, op hulle skoot klim, op hulle drool, ens.  Hy “merk” maar net sy eiendom (op hulle eiendom) af – dis natuurlik…  Vryf sy koppie as hy op hulle blaf – oubaas se goeie waghond!

5) “Julle kan sommer hier slaap…” – met verwysing na die tweesitplek bank (vir ‘n volwassene) – “die bank slaap eintlik baie lekker”.

6) “Julle moet ons verskoon, maar ons het ‘n bietjie inkopies” en so los jy die gaste vir die hele dag alleen (en die melk en brood is op).  Loop in die mall rond of gaan ontspan op die strand.

7) “Ons het mos nou ‘n songeiser” – wat ook beteken daar is feitlik nooit warm water nie (dink ook aan die waterbesparing van al die koue storte).

8) Verras hulle aan die einde met ‘n rekeninkie, waarin jy al die storte en baddens lys, plus die aantal gekookte etes gedeel deur die aantal mense, ens. ens.  Sê “ek het sommer die uitgawes bygehou om dit vir almal maklik te maak” – werk Siena se kersbonus ook daarin, pro rata.  Doen ‘n aftrekking vir hulle biltong en droëwors, maar nie vir die 78% wat hulle self opgevreet het nie.

9) Leen kontant vir brood, melk, vleis, ens. by jou gaste en “vergeet” daarvan.  Hulle sal nie dit mag terugvra terwyl hulle gratis by jou bly nie – op die manier kan jy kostes verhaal!  (Hierdie wenk is ook baie werd as ek dit sou wou bemark as lewensbegeleier.)

10) Nog ‘n manier om kostes te verhaal is deur hulle te laat werk.  Vra die gaste om jou net gou te help om die dak klaar te verf of te help met die gooi van ‘n nuwe sementpaadjie.  Wys jou waardering deur ‘n opregte dankie dat hulle die grootste deel van so ‘n lieflike dag vir jou gehelp het.

11) Maak almal vroeg in die oggend wakker met heerlike musiek –hip hop of trance is goed, of boeremusiek – afhangende of hulle oud of jonk is, repektiewelik.

12) Kla dikwels oor die pryse van brood, melk, elektrisiteit, water, konfyt, vleis, brandstof, groente, vrugte, ALLES.  Sug soms eenvoudig net hardop – vra hulle hoe húlle byhou?  Of sê net af en toe kliphard: “O hel – ek weet nie meer nie…”

13) Terloops, niks jaag die “gaste” so vinnig uit as ‘n swaarmoedige atmosfeer nie, of ‘n migraine (vra hulle om baie, baie stil te bly en trek die slaapkamerdeur agter jou toe – met ‘n lekker boek natuurlik.  Salige vrede!)  ‘n Gespanne atmosfeer tussen die “gashere” werk ook goed.  Skree op mekaar agter die toe slaapkamerdeur en kom met ‘n donderweergesig daar uit.  Slaan  die kombuisdeurtjies behoorlik.

14) Kos word gemaak sonder inagneming van allergieë . Dink laktose, gluten, seekos, tamaties, kleursel, grondboontjiebotter, ens.  (Ag shame – hierdie is dalk nie goeie raad nie – nou straf mens dalk kinders vir die sondes van die vaad’re)

15) Sê dis lekker dat julle so by mekaar kan kuier en dat jy juis volgende Desember bietjie binneland toe wil kom om jou kop skoon te maak.  Jy en jou suster en jou vriendin.  Dan kan hulle dalk sommer vir julle die plaaslike sights wys?

16) Sorg dat daar net NOOIT toiletpapier in die toilet (of in die kas) is nie – as hulle vra sê net “o gaats, ek moet regtig onthou om te kry” (jou eie voorraad natuurlik veilig in jou klerekas).

17) Skakel met jou leraar en vertel hom van jou bose familie wat kom kuier.  Sê hulle is eintlik baie behoeftig en of hy sal omgee om geestelike gesprekke met hulle te kom voer.  Sê hulle kom stug voor, maar is eintlik baie soekend.

Ai, ek dink ook hierdie laaste een is dalk nie ‘n goeie wenk nie.  Dis goed om geestelike gesprekke te voer, natuurlik, maar miskien raak ons motiewe nou bietjie deurmekaar.  Om die waarheid te sê, ons het dalk ‘n bietjie van die goeie pad afgedwaal.  Dalk moet ons ook onthou om in sulke omstandighede te bid, veral die gebed wat die Here ons geleer het:

“Vader, verlos ons van die bose!”

Advertisements

Danny Holland – You are here

Danny Holland.  You are here. Waterbrook, 2007

Ek het hierdie boek gekoop omdat dit gelyk het na iets wat ek in spiritual coaching kan gebruik en het dit vinnig deurgekyk.  Dit was egter nie so great nie – Lifemapping van John Trent is soortgelyk maar beter.  Hierdie boek is vir jonger mense, dink ek en gaan oor doelwitte, gawes, passie, attitude, balans (keuses), probleme, dissipline en gewoontes, en fokus.  Dit bevat eintlik meer algemene waarhede, gebaseer op gesonde verstand en passende Skrifte.  Die waarde van die boek is dat dit my eintlik verder aanspoor om iets vir myself uit te werk wat betref spiritual coaching. Sorry Oom Danny.

 


Willem Nicol – In die hande van die Pottebakker

Willem Nicol.  In die hande van die Pottebakker. Lux Verbi, 2008.

Willem Nicol is een van die persone wat ek as ‘n mentor beskou.  Ek het die voorreg gehad om hom by meer as een geleentheid te ontmoet en in sy klasse en retreats te sit.  Hy het ‘n groot, groot invloed in my lewe gehad in die sin dat hy vir my sleutels gegee het om die wêreld van die kontemplatiewe te verstaan.  Dit het hy gedoen deur in Afrikaans daaroor te skryf op ‘n manier wat ek kon verstaan, en ook deur die kontemplatiewe te skakel aan my reeds bekende wêreld van Afrikaanse, evangeliese, gereformeerde, charismatiese Christenskap.  Sy boek “Gebed van die Hart” (2002) gaan oor die gebed van stilte (contemplatio) as ‘n praktyk, en in hierdie een gaan hy verder en verduidelik wat geestelike vorming is.  Dit is ‘n boek wat ek baie stadig deurgegaan het en een wat ek nog baie wil gebruik.  Ek gaan dit ‘n bietjie beter opsom as die ander boeke:

Hoofstuk 1: Waaroor praat ons?

Hy begin deur te verwys na die geestelike reis en die onbekendheid daarvan – sy boek is dan ook nie om ‘n liniêre proses van vaste fases van geestelike vorming uit te stippel nie.

Hoofstuk 2: Die ekkigheid

Hy spandeer dan heelwat tyd om die mens se ekkigheid te bespreek, met sy spesifieke klem op aandag, eer, trots, prestasie, kompetisie, selfregverdiging, ens.  Veral die godsdienstige ekkigheid is erg by ons, want ons wil graag beheer behou van ons geestelike lewe, groei, ens.  Die ekkigheid is dan ook super “geestelik”, “nederig” of “heilig”.  Ware heiligheid het egter die ek vergeet.

Hoofstuk 3: Die saamwerk wat nie werk nie

Wat is God se aandeel in ons geestelike lewe en wat is my aandeel?  Ons dink dikwels, en dit is die ekkigheid se vermetelheid, dat ons ‘n “handjie moet bysit” by God se werk.  So eindig ons noodwendig met die vlees of ekkigheid – en uitbranding.  Die ekkigheid kan my nooit heilig maak nie.  Net God kan my heilig maak en Hy alleen.

Hoofstuk 4: Die Omvormer

Nicol beskryf God as die Een wat ons definisie oortref.  Ons Godsbeeld is inderdaad dikwels ons grootste struikelblok want dit skep verkeerde verwagtings.  Ons dink ons bekering, belydenis, geloof, ens. is alles goed wat ons moet “doen” – maar eintlik moet ons kom SONDER ons geloof, gevoel, meriete, ens.  Die werk is geheel en al God s’n.  Die Here stel geheel en al nie in ons vermoëns belang nie, as dat Hy ‘n kanaal soek om deur te werk.  Ons doel is nie om vol te word nie, maar leeg; nie om iets te word nie, maar niks; nie om te leef nie, maar te sterf.  Dan kan HY alles wees.  God deurdring my en maak my soos Hy (theosis).

Hoofstuk 5: Net meegee

Wat word van my verlang?  “Bly in My”, sê Jesus.   Verder niks.  Geloof is soos ‘n kraan – as hy iets probeer, gaan hy die proses blokkeer – as hy laat gaan, vervul hy die funksie.  Geloof is nie ervaring nie en geloof is ook nie sekerheid nie.  Geloof is loslating van daardie dinge.  Ons moet tevrede wees met wat God in ons lewe doen, op die tyd wat Hy dit doen.  Wat in my dra is nooit MY werke nie, maar SY vrug.  My opdrag is meegee (to yield), loslating, vloei.  Die sentrum van aksie skuif na Hom toe.  In die proses noem Nicol wel vier aspekte: (1) God se AANRAKING, (2) ONTHEGTING, wat ons losmaak van ons aardse EN geestelike goed [onthou, geloof neem ons na ons niks toe], (3) VERENIGING – die opgaan van myself in Hom soos ‘n druppel water in wyn oplos, of soos yster in die vuur begin gloei, (4) VOLLEDIG MEEGEE.  Jesus is ons voorbeeld en Nicol bespreek ons Jesusbeeld, wat soms so verkeerd is.  Hy eindig die hoofstuk met liefde, waaroor alles gaan, maar beskryf dit as die mees misbruikte woord.  Liefde oorbrug alle skeiding.  Uiteindelik is die geestelike lewe die gewone lewe, maar wat met God se liefde vervul is.  Dit is heiligheid.

Hoofstuk 6: My eie aard

Nicol stry teen alle gemaakte “heiligheid” en valsheid, al lyk dit hoe geestelik.  Hy glo ons is wesenlik goed, a.g.v. die beeld van God in ons en dat ons ook ‘n gesonde selfbeeld moet hê.  Ons heiligheid word ons uniekheid, ons natuurlikheid, ons menslikheid.  Onthou, geestelike vorming is psigospiritueel en gaan oor ons psige.  Nicol bespreek die Enneagram en die MBTI as twee tools wat ons kan gebruik om ons eie aard te ontdek en te groei op die unieke reis met God wat so anders is as ander se reis met Hom.  Veral sy bespreking van Jung se SKADU is betekenisvol:  wat my skadu is, en hoe ek daarmee moet deel.

Hoofstuk 7: Leer by die lewe

Die boek raak nou prakties.  Ons geestelike lewe vind plaas in die gewone lewe en ons doel is om te let op wat God in ons lewe doen.  Ons moet dus ‘n geestelike praktyk ontwikkel waarin ons ons ervaringe vertrou en daaruit leer, ons emosies in die oë kyk, beoordeel en daaruit leer.  Ons kan die programme en patrone in ons lewens herken.  Lyding is veral ‘n belangrike katalisator vir geestelike groei en ons moet met die Here daardeur kan gaan.  Geestelike begeleiding is van groot waarde.

Hoofstuk 8: Geestelike oefeninge

Nicol bespreek ‘n oulike skema van spiritualiteit (meer volledig as die gewone katafatiese/spekulatiewe/ens.) en bespreek dan drie geestelike dissiplines: (1) meeleef met medegelowiges; (2) heilige lees en (3) gebed van die hart – waarin hy weer die contemplatio uiteensit.

Hoofstuk 9: In die alledaagse

Hoe leef ons met ‘n BEWUSSYN van God?  Nicol bespreek dit met verwysing na mindfulness en pouses, om in die gapings tussen gedagtes in te kom en van die Here bewus te raak.  Dan moet daar ook ‘n groot loslating wees om die gewone lewe te leef en God te vertrou dat Hy werkend teenwoordig is.  “Let go and let God…”  Hy bespreek o.a. ook ontspanning as ‘n manier om oper te word vir die Here, en asemhaling se rol.   Dan deel hy oor ONDERSKEIDING of eerder ‘n onderskeidende leefstyl en ten slotte AKSIE.  Ons moet prakties betrokke raak, anders beteken dit alles niks. Dit gaan  oor diens, soos Christus ook gekom het as Dienaar.

Hoofstuk 10: Therese van Lisieux

Die laaste hoofstuk is ‘n kort opsomming van die verhaal van die bg. heilige en doktor van die katolieke kerk (1873-1897).  Haar “klein paadjie” na God toe behels die ontdekking van haar swakheid, haar niksheid, haar onvermoë en ongeloof.  Die verlore seun kom terug met niks in sy hande nie.  Dit gaan suiwer oor die vader se genade.

Hierdie boek was seker my belangrikste boek vir die jaar (2010) en het my gedagtes vasgemaak oor heelwat dinge, spiritualiteitsgewys.  Ek dink egter dis bedoel vir diegene wat langer op die pad van die Here is, en reeds heelwat “ervarings” en dinge agter hom of haar het.

‘n Aantal aanhalings:

Daar sit soms ‘n diep waarheid in die kritiek van buite-kerklikes teenoor kerkmense se skynheiligheid, want hulle voel aan dat godsdiens mense soms of dikwels nie heiliger maak nie, maar juis ekkiger. (p24)

Ek het harder probeer om te te probeer.  Maar dit wou nie werk nie. (p38)

Die laaste stasie op pad na God is my bankrotskap. (p44)

Ons gaan nou saam sien dat ons redding en heiliging albei voluit genadegawes behels.  Redding beteken God buig na my en heiliging beteken Hy buig my na Hom. (p57)

Luther: “Genade is die ervaring om van ervaring verlos te word” (p75)

Andrew Murray: “Faith is ever the opposite of what we see and feel; it looks to God alone.” (75)

Afwesigheid van ervaring is nou die ervaring.  Die leegte en stilte, soms droogte, is die ervaring van die Aanwesige, slegs van Hom.  Dis ervaring wat wyer en dieper as my eie ervaringsmoontlikhede strek.  Volgens sy diepste aard is geloof nie die ervaring dat ek glo nie, maar die ervaring dat ek niks het behalwe die Here nie. (p75)

Wil jy God laat lag?  Wys Hom jou planne. (p97)

Moeder Theresa:  “Jy sal nie weet dat Christus al is wat jy nodig het, voordat Christus nie al is wat jy het nie”.  (p162)

Die ewige siekte in ons as mense is mos om te voel (te redeneer): “Ek moet die inisiatief neem en dan help die Here my.  As ek dit en dat doen, aan hierdie of daardie geestelike vereiste voldoen, sal die Here saamwerk om my geestelik te laat groei”. (p175).

God onderhou ons bestaan aktief.  As ‘n mens niks anders doen as om net te wees nie (just be), is jy reeds binne die Here se aksie. (p202)


Ed Grungor – The Vow

Ed Grungor. The Vow.  Thomas Nelson, 2007.

Ek het nogal baie van hierdie boek gehou oor die geestelike (of kontemplatiewe) praktyk of dissipline van ‘n gelofte maak.  Dit begin alles by Paulus in Hand 18:18 wat sy hare laat skeer het omdat hy ‘n gelofte gemaak het.  Ons leer by Grungor dat die maak van ‘n gelofte ‘n alledaagse Ou Testamentiese gebruik was wat deur die Skrif gereguleer is, en hoe en waar dit ook in die Nuwe Testament voorkom.  Waarom is dit belangrik?  Omdat ons in ‘n kultuur leef wat nie diepte het nie.  Ons het nie passie nie.  Geloftes kan ons daarmee help.  Dan doen hy ‘n baie belangrike deel en dit is Vowing to Grace.  Hy maak nl geloftes los van die wet en sien dit in ‘n NT perspektief.  Ons ooreenkomste met die Here is ook nog deel van die genadeverbond, waarin God vir ons kom voltooi dit wat ons ontbreek.  As ons dus nie ons geloftes nakom nie, is dit deel van die algemene sondigheid van ons eie poging – die Here kom vir ons doen wat ons nie self kan doen nie.  “The secret to successful vowing is realizing vows are commitments to faith in God and his work in the human heart, not to human performance” (p25).  Ons bly net in Hom – ook met ons ondernemings en beloftes – en sy vrug in ons is die volbringing van ons geloftes.  Vowing into Personhood behels vir hom dat ons met ons geloftes ‘n unieke en persoonlike reis met Hom onderneem.  Grungor vergelyk geloftes aan God met die huweliksbeloftes – ons lê ook geloftes af (dink maar by die doop, bevestiging, ens.) maar veel minder.  Geloftes is die intensie om aan God se wil oor te gee op ‘n praktiese wyse.  Dan bespreek hy die Anatomy of Vow Making:  sekere praktiese toepassings en ook watter geloftes mens kan maak:  veral geloftes nader aan die Here te kom (COMMUNION), geloftes van gemeenskap (COMMUNITY) of geloftes van diens of missie (COMMISSION).  Geloftes is sacrificial in nature, maar kan ons help, as geestelike dissipline, om nader aan die Here se wil te leef.  Ons moet nie wild en wakker geloftes maak nie, maar dis nie wat hy sê nie.  Die boek het my baie gehelp omdat ek volgende jaar (2011) self as heilige jaar wil leef en ‘n gelofte in die verband wil maak.

Aanhalings:

My capacity for commitment has always been tragically flawed.  For example, I can make a resolution to lose a few pounds, deciding I’m not going to eat any more pie.  But I like pie.  (p23)

On the uncharted, unexplored regions on the edges of ancient maps, cartographers used to write “where dragons lie”.  Sadly, they lie in all of us – particularly in the uncharted, undisciplined regions of our souls (p62).


Isak du Plessis – Jesus: die keuse

Isak du Plessis.  Jesus: die keuse. Lux Verbi, 2005

Nog ‘n boek wat ek gelees het oor Jesus, maar hierdie een, deur ‘n professor in Nuwe Testament, is wetenskaplik.  Dit gaan oor die soektog na die historiese Jesus.  Hy begin reg by die begin by die evangelies, Q-bron, die Vroeë Kerk se redaksie, ens.  Hoe gaan ons agter die teologie in tot by die historiese Jesus?  Hy beskryf teologiese bydraes oor Jesus as Galileër, as profeet, wysheidsleraar, rabbi, as sinis (cynic – ‘n Grieks-filosofiese skool van sy tyd), as charismatiese vernuwer, sosiale hervormer, wonderwerker, ens.  Spesiale aandag word gegee aan die Jesus-seminaar en John Crossan se bydrae, wat Jesus as Jewish peasant probeer verstaan.  Dan gaan du Plessis  na Jesus se boodskap en hy spandeer die hele tweede deel uit Lukas (dis asof hy een of ander dissertasie van hom aangepas het vir hierdie doel) om dit te verduidelik.  Ek het gehou van sy slotgedagte dat die kern van Jesus se boodskap vir hom, groot geleerde en kenner, waarskynlik die Gelykenis van die Verlore Seun is (p234).  Ek dink mos dieselfde!  Hy sê dit moes eerder: Die Gelykenis van die Barmhartige Vader genoem gewees het, of: Die Gelykenis van die Vader wat Twee Seuns wou gehad het. Ek dink dis baie mooi.


Mike Erre – The Jesus of Suburbia

Mike Erre.  The Jesus of Suburbia.  W Publishing, 2006

Hierdie emergent boek is nie so goed soos van die ander wat ek hierdie jaar oor Jesus gelees het nie, want dis asof Erre ‘n bietjie te radikaal is vir wat moontlik is.  Sy stellings is bietjie eensydig en ongenuanseerd.  Hy begin deur te skilder in watter wêreld Jesus geleef het, waarin Caesar Here was, almal mag nagestreef het, en godsdiens ‘n uiterlike lewensvorm was.  Jesus se boodskap gooi dit alles om : “Jesus is the most subversive man ever to have walked the earth.  This is revolution.” (p15); “If you follow Jesus, you follow the most radical man who ever existed.” (p21).  Die Westerse wêreld het Jesus egter makgemaak om Hom te laat inpas by hul eie materialisme en genotsug.  Hy is nou daar om mense ryk, gelukkig en gesond te hou.  Die “Jesus of Suburbia” bring almal by die American Dream uit.  Erre praat oor geloof, risiko en lyding as deel van Christus, oor God se wil en ons wil en waarom gebede nie altyd beantwoord nie.  “Jesus came to abolish religion” is ‘n blanket statement waarmee ek nie saamstem nie, sy definsie van wat religion is, is egter nou.  Ek stem egter saam dat godsdiens jou kan laat glo dat jy OK is, terwyl die Here eintlik iets anders vra.  Dis die gevaar van godsdiens, veral ons gemaklike Westerse goedvoel-godsdiens.  As Erre gaan na hoe ons dan moet leef, beskryf hy nie ‘n geloof nie, maar ‘n lewe.  Alles is geestelik en ons gewone lewe is die terrein van die geestelike.  Hy praat oor mystery en paradoks en beskryf dan die kerk as ‘n subversiewe gemeenskap.  Die kerk is God se inkarnasie in ‘n kultuur om die kultuur te red.  Kultuur en konteks is belangrik.  As iets onchristelik is, is dit nie noodwendig onwaar nie.  All truth is God’s truth. Ons moet oppas om nie die vyand te word met ons liefdeloosheid en genadeloosheid nie.  Ons moet die kultuur engage met God se teenwoordigheid.  Wat nodig is is minder argumente en meer inkarnasie – mense wil God sien.  Erre haal McManus en McLaren aan.

Aanhalings

Jesus is not vitally commited to our comfort and safety; He is commited to the advancement of his kingdom revolution in the hearts of people everywhere. (p22)

Only in the West has the heretical notion that God will protect us from all harm really taken root.  Biblical principles will never lead us into this dangerous life (life with Jesus), nor will the Jesus of Suburbia. That is why both are so popular.  But neither will ultimately satisfy.  (p26)

Many passionate, gifted followers of Jesus don’t do much because they are wating for the planets to allign or for God to write something on the wall.  (p30)

We think it is the culture that is growing more secular, but I think it is the church! (p145)


Kyle Strobel – METAmorpha

Kyle Strobel. Metamorpha.  Jesus as a way of life.  Baker: 2007

Die boek het my aangetrek omdat dit gaan oor geestelike vorming.  Ons beleef tonne en tonne informasie en te min transformasie.  Ons leef ‘n sekulêre lewe, maar noem dit Christelik.  Prediking opsigself kan niemand verander nie.  Strobel begin ook by elkeen se persoonlike verwysingsraamwerk (tipiese vertrekpunt van die postmodernisme om die “absolute waarheid” van my persoonlike opinie te ondergrawe).  Bekering is die dekonstruksie van ons bestaande waarheid en die metanoia van ‘n nuwe waarheid.  Ons nuwe verwysingsraamwerk word geïnformeer deur drie dinge: (1) die Woord, (2) die Gees en (3) die community.  Strobel behandel elk in diepte.  Ek het gehou van sy onderskeid in die verstaan van die Gees in die Weste (krag, aksie, gawes, DOING) en die Ooste (stilte, sterkte, genade, BEING).  Strobel word getrek na die lg. Want hy vind dit moeilik om die Gees te beheer, omdat die Gees nie gebruik wil word nie, maar geken.   Die Gees is God wat reeds IN ons is.  Ons wêreldbeeld is dalk TE Woordgesentreerd, want dit maak ons te rasioneel.  Wat ons soek is ‘n lewe waarin die vrug van die Gees dra en dit is ‘n lewe uit die sentrum.  Bekering in Bybelse tye het behels dat jy jou familie en hulle geloof prysgee en ‘n nuwe familie (die gemeente) vind – daarom dat community vir hulle so sterk was.  Ons wil redding elke slag weer ‘n persoonlike getuienis maak, omdat ons so individualisties is.  Dit is nie noodwendig Bybels nie.  Die drie worldview informers (Woord, Gees, community) help ons om onsself te ondersoek en te ken.  Ons weet regtig nie wat ons glo nie – ons weet wel wat ons veronderstel is om te glo, of wil glo.  Ons ken ook nie God nie, want ons is absoluut verknog aan ons idee van God.  As ons net onsself kon sien, of God – sal ons op ons knieë val.  Die weg van Jesus is die weg van die kruis (lyding), ‘n lewe van radikale geloof dat God met ons besig is, ‘n lewe in gemeenskap.  Geestelike Vorming gaan oor Jesus en sy wil – nie oor my en my wil nie.  So ‘n lewe is ‘n missionele lewe, want ons lewe – ook ons mislukkings – is ‘n getuienis.  Hierdie is nogal ‘n meer ernstige boek, dig en diep, vol rykdom wat mens bybly.  Goeie, goeie boek.

‘n Paar aanhalings:

The spirit is a lot like the weather.  The weather changes at will, beyond anything we can control.  Our role is to respond to the weather accordingly, to understand what it is doing before we decide what we will do. (p90)

As Christians we are called to be spiritual – not in an esoteric sense, but in how we see reality.  Being spiritual, in this sense, is coming to see the way God would have us see.  Being spiritual means finding one’s view of reality in the Spirit of God rather than one’s own flesh. (p101)

In God’s order, it seems that the journey must take precedence over the ideal.  (p150)

It is essential for worldview development that we recognize that our life with Christ is not about climbing the spiritual ladder, but instead of walking in intimacy. (p151)

Our mistake has always been to try and make the kingdom happen on our own, instead of engaging the kingdom reality (p174)

We may feel as though it is death working, but it is the work of Christ.  Like the disciples and Paul after them, we must live a life of pliability, so the potter can always work with a moldable lump of clay.  This is what I mean by a life of metamorpha. (p198)

Religion is making up for the fact that you do not live your life for God (p226)