Monthly Archives: November 2011

Sewe – jou kompas tussen lig en duisternis (Leon Fouche)

Leon Fouche. Sewe. Jou kompas tussen lig en duister.

(1999. Kaapstad: Lux Verbi).

Ek het hierdie boekie van Leon Foucher weer nadergetrek en vir die eerste keer deurgelees.  Dit is omdat dit ook oor die “sewe doodsondes” gaan – die tema van my vorige boek en omdat my gedagtes by ‘n kursus is wat ek dalk in 2013 in die trant wil doen.  Hoe meer ek egter daaroor nadink hoe meer besef ek:

 

  • die “sewe doodsondes” is ‘n antieke blik is op die basiese verkeerde motiewe in ‘n mens, wat tot sonde lei, maar dis heeltemaal uit voeling met ons eie verstaan van die innerlike.
  • ek hou wel van die gedagte van “wat lei tot wat” en “kom ons isoleer die wesenlike oorsaaklike faktore” en sal meer daaroor wil dink – watter motiewe lei tot watter dade en my eie “sondetafel” opstel.
  • die psigologie gee vir ons belangrike insig oor ons innerlike motiewe – ons is soos ons is om ‘n rede.  Die temas van verwerping en sinvolheid moet duidelik iewers funksioneer.
  • hoe om te deel met hierdie dinge word heeltemal te skraal en teologies gestel (bv. in hierdie boek).  Dit is nie genoeg om net te sê “hou op om afgunstig of minderwaardig te wees” nie, of om op die teenoorgestelde deugdes (bv. hoop of nederigheid) te “fokus” nie.  Ons het nodig om te kyk na emosies en persepsies, verslawing en gedragsverandering en die werk van die Heilige Gees, charismata-gesproke.  Geestelike dissiplines dink ek, is ‘n baie, baie nuttige benadering teenoor al hierdie dinge en ons moet die gepaste geestelike dissiplines teenoor hierdie sondes stel (dis egter nie die hele prentjie nie).  Daar moet egter ‘n praktiese uitkoms wees.
  • Ek dink daaraan dat wat ons noem “volwassenheid” of “heelheid”, selfs “heiligheid” die uiteinde is waarheen ons beweeg en dat mens se vertrekpunt dalk nie negatief in die “doodsonde” moet wees nie, maar positief in die teenoorgestelde deugdes as beskrywing daarvan.
  • Mens kan dieselfde metode as bg. volg met die Tien Gebooie – die Bybel se lys van “doodsondes” – soos ek inderdaad gedoen het met “Morele Kompas”.  Dalk moet mens net die bg. temas inkorporeer in ‘n algemene werk oor geestelike groei, of heiligheid.
  • Sonde is daar nog te konkreet en geïsoleerd, bv. vraatsug, maar geen dronkenskap nie.  As vraatsug vir “oormaat” staan, waarom dit nie net oormaat – of nog beter ongedissiplineerdheid noem nie – dan is dit waarliks iets oorsaaklik.   Ek sou die lys verander deur bv. vrees, ongeloof, gebrek aan verhouding met God, ens. in te sluit en iets soos afguns uit te sluit, ‘n kleiner (of gevolglike) sonde veroorsaak deur woede en vrees.

Anyways, terug tot by Leon Fouche se boek, wat ek nou veel meer waardeer het as toe ek dit eers gekoop en net deurgeblaai het.  Dis nie dat ek sy bespreking van die sondes ook so sou doen nie, maar daar is nogal heelwat nuggets en ek hou ook van sy baie quotes en value-adds, verskoon die Engels.  Net ‘n paar opmerkings vir myself vir later:

  • Ja, ek sien hy noem dit ‘n “kompas” – goed so
  • Ek moet ingaan op Donald Capps se gebruik van die doodsondes om die mens se lewensfases te tipeer
  • HOOGMOED neem ek net voluit na die ekkigheid toe (en sny dit wel aan) en maak dit die hoofsonde wat al die ander “aansteek” – ‘n SELF-gerigte lewe.
  • AFGUNS, soos gesê sal ek dalk uit die lysie haal – hy is net daar om tradisionele redes
  • WOEDE: ek stem nie dat woede eers sonde word as dit wraak behels nie – woede opsigself (bv. ook die “gees van woede” sonder duidelike objek) is baie destruktief op sigeself.  Ek stem saam dat liefde vir mense eers moontlik is (want mense is baie unlovable – Barna) as jy jou in God verloor het.  Die EK moet op die agtergrond wees en God moet deur jou kan liefhê.  ‘n Ander waarheid is ook dat liefde nie in die objek berus nie, maar in die subjek – as God my ‘n liefdevolle mens maak, is dit omdat ek in Hom genesing van my verwerping en issues beleef het (wat my verhoed om lief te hê) – altyd weer die konneksie met innerlike heelheid.
  • SLOTH maak Leon gewone apatie teenoor die wêreld om my, teenoor die populêre “luiheid” (en ek sien hier “ongedissiplineerdheid”) of Jamison se acedia as die onwilligheid om op my innerlike lewe/verhouding met God te let.  Individualisme en anhedonie maak natuurlik dat apatie ‘n groot probleem is.
  • GIERIGHEID is die sug na dinge, die sug na besit – nie net om te geniet nie, maar omdat ander dit begeer.  Dis weer ‘n soort hoogmoed.  Ek het gehou van sy bespreking (p89, 91) van die HÊ-styl (to have) en die WEES-styl (to be) deur Erich Fromm.
  • VRAATSUG gaan nie oor hoeveelhede nie, maar oor die gesindhede.  Oormaar is iets anders as oorvloed.  Matigheid is ‘n lewensingesteldheid (weer dissipline).  Die hele kwessie van ekonomiese ongelykheid en geregtigheid kom ter sprake, en die dissipline van eenvoud.
  • WELLUS gaan ook oor die noodwendige bevrediging van ‘n aptyt (en oor dissipline).  Seksuele begeerte is egter nie reeds wellus nie.  Wellus verbreek verhoudings (ook met God) ter wille van ‘n liggaamlike (en psigiese – dit is belangrik in ons bespreking) behoeftes.  Wellus is intimiteit sonder verhouding en sonder verantwoordelikheid.   Die oplossing is nie om die drif op te dam nie, maar om dit reg te kanaliseer.  Die hele gemeenskap se etos is ter sprake.

Dan het Leon ten slotte oulik geskryf oor deugde – deugdes en goeie werke is iets algemeen (by almal), maar nie alles is “Christelike” deugdes nie, want dit word nie VIR HOM gedoen nie – dalk vir ‘n medemens of myself.  Dis die verskil.  Sy slotsom is (gepas) ‘n lewe deur die Gees, wat hy ten diepste definieer as ‘n lewe om Jesus te verheerlik.  Dis wat die Gees in ons doen: om die ou mens (ekkigheid) in ons te kruisig en om die nuwe mens (Christus) in ons te laat opstaan.  Ek sou dit nogal prakties wou maak in elkeen van hierdie sewe of hoeveel sondes – wat beteken dit prakties om die ekkigheid te kruisig wat gierigheid, vraatsug, wellus, ens. betref? Dan noem hy ook die vrug van die Gees wat eintlik mos ook die Nuwe Testament se lys “dood-deugdes” is.  Dalk moet mens jou kursus oor geestelike groei eerder daarop baseer?

As jy tot hier gelees het, is jy ‘n held, vriend – dankie dat jy my musings volg.  Ek is seker joune is interessanter.

Advertisements

Finding Happiness – Christopher Jamison

Finding happiness – Christopher Jamison  (2008, London: Weidenfeld & Nicolson)

Darem uiteindelik weer deur ‘n boek wat ek hier kan plaas (intussen drie fiksie boeke gelees, twee op aandrang van my kinders).  In elk geval hierdie boek het ek deeglik deurgewerk en opgesom in 12 bladsye, saam met my eie notas daaroor.  Ek wil weer kyk na Jamison (die ab van Worth Abdy) se eerste een Finding Sanctuary – ek is seker ek het dit al gelees en het dit trouens iewers (of is dit net ‘n uittreksel in gekopieerde formaat) sal moet gaan kyk, of dit bestel…  In elk geval, hierdie boek was nou nie vir my wow nie, maar ‘n goeie inleiding in die tema van die “sewe doodsondes”.  Die kerk het vroeër jare onderskei watter sondes lê agter watter ander sondes en toe oor honderde jare die “doodsondes” geformuleer.  Die lys was oorspronklik eintlik agt en Jamison bespreek. Die hele ding het ‘n baie middeleeuse gevoel en ek sou die lys natuurlik ‘n bietjie anders opstel.  Jamison beskryf eintlik die agt “gedagtes” of motiewe wat agter die sondes lê en dan wat die woestynvaders en Cassianus, Benedictus, ens. daaroor sê – praktiese raad.  Hy bespreek eers die konsep van “reinheid van hart” – die toestand wat ons voor God soek.  en bespreek dan die agt gedagtes:

  • acedia – die onwilligheid om jou innerlike en geestelike lewe te ondersoek
  • drie sondes van die liggaam: oormaat, wellus, hebsug
  • twee sondes van die siel: woede en hartseer (acedia pas ook hier in)
  • twee sondes van die gees: ydelheid en trots

Ek  het nogal baie geleer, nie soseer sy eie aanbieding nie, maar die Christelike vaders se insigte hieroor.  My eie belangstelling hierin is soos volg:

  • ek lees steeds die kontemplatiewe goed (onthou dis veel ouer as die huidige Amerikaanse benadering wat ons beleef as die enigste normatiewe “Bybelse” geloof)
  • ek is steeds op pad na ‘n beter integrasie van die bg. antieke Christelike en die moderne lewe in ‘n praktiese, egte geloofslewe.  Om te besef wat die basiese sondige motiewe in almal van ons is (asook die deugdes wat daarmee saamgaan: matigheid, kuisheid, vrygewigheid, ens.) is inderdaad stappe in die regte rigting
  • Ek wil iets hieroor opstel – wou al lank ‘n kursus maak soos Sewe Kleure Euwels of so iets – maar sal (1) die lys moderniseer, (2) die hoogtepunt (by “trots” – die sondes loop van lig na erg) na die “ekkigheid” (vlees) toe neem, wat hy snaaks genoeg nie doen nie, dis so wesenlik en (3) dit by die tema van “vestings” laat aansluit asook (4) die sin van die lewe en (5) les bes dit afsluit met die nuwe hart wat die Here ons gee en om daaruit te leef, want eie pogings om sondes te oorkom gaan nie werk nie.

Ja, ek hoop iets mooi kom hieruit.