Monthly Archives: Julie 2012

Ego

Ego

24 Julie 2012

 

ek leef nie meer nie maar Christus leef in my (Gal 2:20)

 

ek leef nie meer nie

die EK leef nie meer nie

maar ek leef tog

en die EK ook nog

ja ek leef die EK

 

Here, ek wil

die EK-wil nie leef nie

ek wil in U wil leef

en die ware ek beleef

wat U wil laat leef het

 

skei dus met u Gees-lanset

die valse EK en ek

en skuif dit uit

dat ek die EK kan sien

wat in u liggaam leef

 

dan sal u wil kan vloei

o Gees en ek sal groei in U

en ek sal waarlik ek wees

waarlik leef en waarlik

wees

in U

Advertisements