Monthly Archives: September 2012

Groei na onsekerheid

Groei na onsekerheid

2 Julie 2012

Hemelvader, vergewe my my sekerheid:

toe ek onbeskaamd nog als geweet het,

het ek (een-oog) dikwels  iets gesien

en die luisteraars bedien

met die skeef gesnyde waan

van my brood en eie wyn.

Nou dat ek wyser is – miskien –

en minder weet en waag oor God,

sê ek eerder als met niks.

En so my selfvertroue

– wat pront verskil

en konfronteer, maar seer –

wil U dit stil

en laat my soos Paulus

net één ding weet:

Jesus aan die kruis –

u brood en wyn, u liefde

vir my eie pyn.

Amen.

Nota: Padlangs het op 2 Julie 2001, presies 11 jaar gelede, die eerste keer verskyn
Advertisements

Kreiss

Kreiss

17 September 2012

 

aangesien dan dat ek hierdie sirkel

nie kan ontsnap of ook sou wou nie

– o daarvan het U seker gemaak

deur elke rand so donker te omlyn –

en ek my spel net moetwilkan speel

waar die helder lewensligte skyn

waar die roffel en die roepe

die sweepslag en applous

my die spronge salwilmoet laat spring

vra ek, Meester van die ring

laat my dan goed doen

laat my U behaag

maar meer as dit

nou wil ek die kring voltooi

ek wil die volle loop hê, Temmer

in my sweep my wil dit voort

van kind na man na vader wysaard

in hierdie lig is waar ek hoort

tot deur die tonnel trug

ek op u hand sal wag

en lê