Monthly Archives: Oktober 2012

Soulful Spirituality – David G Benner

Soulful Spirituality – David G Benner (2011, Brazos Press)

Sjoe.  Ja, dis voorwaar ‘n diep boek – een wat my nog lank gaan bybly.  Dankie vir my vriend (dr) Willem Wiid wat dit vir my aanbeveel het.  Het dit baie deeglik deurgegaan en opgesom.  Benner is ‘n professor in Sielkunde wat oor Christelike spiritualiteit skryf en ‘n kenner is van die sg. Geestelike Begeleiding (spiritual direction).  Ek lees tans in die rigting en Benner is ‘n swaargewig wat dit betref.  Baie van wat hy skryf was nie vir my nuut nie, maar die psigologiese insette was vir my nogal verhelderend.  Hy maak ‘n mooi vloei van sy tema deur te skryf oor wat spiritualiteit is, die verlange in ons hart, wie die mens is, die probleem van die ego, oor geestelikheid en godsdienstigheid en wat die kenmerke van ‘n gesonde geestelikeid is.  Dan kom hy by practices wat geestelik help, en hy noem nie net bekende goed soos Awareness (aandag, kontemplasie) en Wonder nie, maar gaan eintlik aan om nie net “tools” te gee nie, maar ook die teologie en psigologie van Otherness, Reality en Presence en waarom dit wesenlik is vir ware menswees (die doel van ons skepping en die doel van ons spiritualiteit).  Hy eindig by Surrender, waar die reis inderdaad stop – volle oorgawe aan God. Dalk verveel al hierdie temas jou geweldig, maar vir my is dit baie, baie belangrik en interessant.  Geestelike Begeleiding is waartoe die Here my roep.  Wat ons nodig het, is om nie net by die algemeen-sekulêre of algemeen-godsdienstige spiritual direction (wat jy baie kry) aan te sluit deur verse uit die Bybel nie, maar om ‘n werklik Bybelse en Christelike geestelike begeleiding te ontwikkel.  Dan moet ons dit neersit in die Christelike kulture waarin ons is – meestal die gereformeerde, evangeliese en charismatiese omgewings.  Anders sal dit niemand aanspreek nie.  Ek begin geleidelik op die plek kom dat ek hieroor iets wil begin skryf.  Dis volwasse materiaal, maar ek dink Benner het my daarmee gehelp.  Daaroor is ek dankbaar.

 

Advertisements