Monthly Archives: Maart 2013

Pasgale misterie

Pasgale misterie

Paasfees 2013

as jy lank genoeg

in die donker staar

eigengrau beleef

word dit ligter daar

jy sien dan hemeldinge

hoor die stemmekoor

die halleluja-sange

die lig die lig

verblindend mooi

as jy lank genoeg

die son in kyk

word alles donkerder

oop oë blind maar voel

dan aan jou siel hoe naby

Hy nog heeltyd is

soos Pa

as ons in die nagte ry

is ons al amper daar?

Advertisements

The Magic – Rhonda Byrne

MagicThe Magic – Rhonda Byrne

Ek het deur die boek The Magic, van Rhonda Byrne gelees, skrywer van The Secret.  Die sg. Secret is ‘n moeilike ding om te beoordeel (maar sien my skryfseltjie – op my websruimte onder Geestelike Vrae en Antwoorde), want duidelik gaan die skrywer in absolute nonsens in hoe mens nou enige-iets kan kry deur dit net te sê, ens.  Duidelik is dit nie so nie – gaan probeer gerus.  Daar is egter ‘n ander kant van die saak.  Ons glo wel aan saai en maai, nie waar nie?  Jesus het ook goed gesê wat baie secret-erig klink…  In elk geval, The Magic – haar derde boek – is ‘n perd van ‘n ander kleur.  Ek het eintlik van die boek gehou.  Nie dat ek dit gelees het nie, sê maar ek het dit goed deurgeblaai in die winkel – nie my geld daarop mors nie…  Ek stel ook GLAD NIE voor dat jy dit koop nie – ek gee die “geheim” sommer nou hier weg (wat eintlik geen geheim is nie, maar so gaan sy meer geld maak).  Ek hou van die beginsel en dit is dankbaarheidThank you is die magic word wat die Secret aan die gang sal sit vir jou.  Nou ek glo nie daardie Secret-ding nie, het ons gesê, maar ek glo beslis aan die Thank-you ding.  Sy sê ons moet thank you sê vir almal wat ons ken, vir die wind, die kos, die werk, vir alle nuus en alle gebeure, voor jy gaan slaap en voor jy opstaan.  Elke dag.  Ja, ek glo wel dit sal jou lewe verander.  Dit is presies wat die Bybel ook sê.  Ja, sê die magic word. Sien, nou het ek jou ‘n hele paar rand gespaar…  (en my rekeningnommer is…)!

 

1Tess 5:18  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Kol 3:15-17  En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.  Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.  En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Ef  5:20  Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

 

 


Cave canem

cave canem

6 Mrt 2013

profeet staan weg

van hierdie hok hy grom

moenie vriend’lik nader kom

die Here het vir my gesê…

met jou woord en visioen

‘n engel groot soos hierdie huis

bloed aan die mure hoog soos die

– kyk na my – so hoog soos díé!

nee seblief nie nog ‘n woord vir my nie

ek sit dit by die ander honderde

is dit waar ek weet nie waar nie

net ‘n druppel hemel heling heuning

net een gedagte goud van Hom

net goed verdun kan ek verdra

ek’s te siek vir baie medisyne

net van die Baas neem ek my kos

so pas op die hond jou hand jou mond

en laat my los


Standout – Marcus Buckingham

standoutStandout – Marcus Buckingham (2011, Thomas Nelson)

 

Is mos ‘n life coach…  as sulks stel ek belang en deel ek graag met toetse wat ons help om meer oor onsself te wete te kom.  Het by Mosaïek reeds Gallup se Strengthfinder gedoen – een van die grootste aanlegtoetse wat vandag in die bedryf gebruik word.  Word wêreldwyd geïmplimenteer. Dit fokus daarop om elke mense se vyf top kragte of vermoëns te beskryf en te maksimaliseer.  My vyf top strengths is:

 

FUTURISTIC:
 You 
are 
 a
dreamer
 who 
sees 
visions 
of 
what
 could 
be 
and 
who 
cherishes 
those 
visions.

IDEATION:
 An 
idea 
is
 a 
connection. 
Yours 
is 
the 
kind 
of 
mind 
that 
is 
always
 looking
 for 
connections. 
Ideas 
are 
thrilling.

INPUT:
 You
 are 
inquisitive 
and 
collect 
things 
or 
information.


INTELLECTION:
 You
 like 
to 
think,
 muse, 
and 
reflect.


STRATEGIC:
 You 
can 
sort 
through
 clutter 
and
 see 
the 
best 
route. 
This 
perspective 
allows 
you 
to 
see 
patterns 
where
 others simply see 
complexity.

Sommer om myself weer te herinner.  Nou die dag koop ek hierdie opvolg-boek van Marcus Buckingham (een van die Strengthfinder se skrywers), nl. STANDOUT, waarin hy probeer om die strengths-gedagte af te skaal en te vereenvoudig.  Hulle werk nou net met jou twee top kragte (uit nege – het die vorige klomp verder gefaktoriseer) en het dit makliker name gegee.  Soos met die eerste toets, kom hierdie boek met ‘n verseëlde kode agterin waarmee jy op die internet kan gaan en die die toets kan doen.  My twee top kragte hiervolgens is dan nou:

CONNECTOR: bring mense en dinge en idees bymekaar.

STIMULATOR: bring nuwe energie tot die situasie

Ja, ek stem (min of meer) saam, en sal deur die materiaal gaan, maar ek dink die faktore is nou so breed bymekaar gesit dat dit te algemeen raak.  Die eerste Strengthsfinder was meer noukeurig – en vermoed ek – wetenskaplik korrek.  Ek identifiseer meer daarmee.  Die nuwe toets sê minder van my.  Dink amper hierdie een is bietjie meer op Marcus se intuïsie (feilbaar soos almal s’n) gegrond.  Is dit nie grand dat Paulus 2000 jaar gelede reeds die hele kwessie van gawes mooi uiteengesit het nie, kompleet met oor die 20 kategorieë en alles.  Die beginsel is ontsettend geldig en belangrik.