Monthly Archives: Desember 2013

Eerste beskildering van ‘n doek (sal dit nie ‘n skildery noem nie)

Het skildergoed gekry vir my verjaarsdag en hier is my eerste prent...  dis nog bietjie onvas en kinderlik maar mens moet iewers begin.  Ek dink ek moet veel stadiger en fyner.

Het skildergoed gekry vir my verjaarsdag en hier is my eerste prent… dis nog bietjie onvas en kinderlik maar mens moet iewers begin. Ek dink ek moet veel stadiger en fyner.  Moet byvoeg dit kom uit Leef , Aug 2010, p77 – net ‘n proeflopie, julle.

Advertisements

Stephen Hawking – My Brief History

HawkingStephen Hawking – My Brief History (2013, Bantam)

Thanks aan Timothy Kieswetter, wat hierdie boek vir my gegee het op my verjaardag, 4 dae gelede.  Stephen Hawking, beroemdste teoretiese fisikus van ons tyd, nou reeds 50 jaar ernstig gestrem met motorneuronsiekte in ‘n rolstoel, skryf oor sy eie lewe. Dis ‘n korterige (126p) en leesbare boek met fotos, waarin Hawking sy storie vertel en ek haal ‘n paar punte aan:

  • Dis vir my altyd van sielkundige en teologiese belang dat mense hulle lewensverhaal feitlik ALTYD begin met “my pa”;
  • Hawking se klem is baie op sy akademiese lewe – ek dink die gewone mense sou meer oor sy persoonlike lewe wou lees. Hy vertel egter wel van sy kinderjare (geb 8 Jan 1942) en hoërskooljare;
  • Toe is hy mos Oxford toe en daarna as nagraadse student na Cambridge vanaf 1962.  Daar het hy amper betrokke geraak by die ouens wat die steady state van die heelal geleer het, maar daardie teorie is verkeerd bewys.  Hy self het in die veld van die kosmologie ingegaan en gefokus op black holes, die oerknal en gravitasie.  Daar het hy MNS gekry, getrou en sy PhD voltooi – drie kinders as ek reg onthou.
  • Dan gaan die hoofstukke oor sy navorsing.  Hy probeer sy bes vir die gewone leser, maar dit is baie ingewikkeld:
    • Gravitasiegolwe – te moeilik vir my
    • Die oerknal – al wat ek weet is dat by ‘n singulariteit die voorspelbaarheid van fisika-wette ophou
    • Swart kolke was sy groot ding en hy het dit omtrent self wiskundig uitgewerk.  Dit blyk dat die natuur nooit die singulariteit (‘n oneindige massa op ‘n oneindige klein wiskundige punt gekondenseer – dink ek) wys nie, en dat swart kole geleidelik energie verloor en “verdamp”
    • Intussen het hy mos weer getrou – sy eerste vrou het hom solank vervang met sy opvolger want almal het gedink hy gaan binnekort dood.  Die opvolger het solank ingetrek (met sy goedkeuring), maar toe gaan hy nie dood nie…  Hy het toe ook weer getrou, maar is sedertdien geskei.  Hy het ook die pous ontmoet (en was nog stees vies omdat die kerk eeue terug vir Galileo veroordeel het vir sy bevindings)
    • Toe het hy sy bekendste boek A Brief History of Time geskryf – wat ek nog graag sou wou lees en hy bespreek hoe dit ontvang is, ens.
    • Time travel word ernstig  ondersoek deur die ouens, maar dit blyk dat die wiskunde daarteen is.  Ek stem saam met die “bewys” daarvan dat as dit so sou wees, ons oorvloei sou wees met besoekers uit die toekoms, en ons word nie…  daar is wel diegene wat sê die aliens en die UFO’s is mense van die toekoms, nogal interessant, maar hei – bewyse?
    • Imaginary time is a konsep wat te abstrak is vir my om te verstaan – dit help nie jy sê dit staan loodreg op werklike tyd nie – maar hulle het dit gebruik om te bewys dat die oerknal ook die begin van tyd was.  Dit is dus sinneloos om te vra wat “voor” die oerknal was – tyd en ruimte het beide met die oerknal begin.  Daar is nie ‘n voor nie, soos daar niks suid van die suidpool is.  Die pool is die oorsprong van die Suide, by wyse van spreke.
  • Hawking is tevrede met sy lewe.  HY voel hy het goed gedoen, alhoewel hy nog nie ‘n Nobelprys kon kry nie, want sy belangrikste werk kan nie maklik eksperimenteel bevestig word nie – ek dink die swart gate is te ver?  Dit word egter algemeen aanvaar.

As gelowige is ek natuurlik geïnteresseer in Hawking se geloof.  Hy is natuurlik nie ‘n gelowige nie, en praat van God net in ‘n metaforiese sin. Nogtans het hy ‘n goeie kennis van die Bybel en het hy ook op sy dag gehelp om Bybels in Rusland in te smokkel vir een van sy spanlede, ‘n Baptis.  Hy vermeld dat een van sy spanlede hom al probeer bekeer het, maar uiteraard het dit nie gebeur nie.  Nogtans sien ek volgens sy fotos dat sy kinders gedoop is – seker maar uit tradisie.

Ek het eenkeer vir ‘n ongelowige wetenskaplike student gevra wat sal gebeur as hy sou sterf en dit blyk dat daar wel ‘n God is aan Wie hy hom moet verantwoord – wat dan?  My vriend was heel rustig daaroor dat Hy vir God sou sê dat hy ongelukkig op rasionele gronde nie genoeg rede vir geloof kon vind nie en Hy was seker dat God, as mees intelligente wese, dit so sou aanvaar.  Dit los ek maar by die Here.  Ek weet wel ons Christene is nie naastenby reg as dit kom by die verdediging van ons geloof in die aangesig van wetenskap soos hierdie nie.  Ons beter vinnig hierdie tipe apologetiek by ons Kweekskoolkursusse sit, want hierdie wetenskap gaan nie sommer net verdwyn nie.  Dit gaan ook nie blyk dat hierdie ouens se somme toe nou alles verkeerd is – soos Christene seker maar hoop nie.  Nee, die somme is reg en ons sal moet saampraat.  Let wel, ons moenie bang wees vir die gesprek nie – daar is baie te sê vir die geloof!

Ek het die boek geniet.


Aubrey Malphurs – A New Kind of Church

MalphursAubrey Malphurs – A New Kind of Church (2007: Baker)

Van die boeke wat ek lees vir die kursus wat ons moet saamstel, is hierdie een sekerlik die beste.  Oënskynlik is Malphurs ‘n bekende kerk-konsultant, want hy publiseer immers by Baker Book House, en sy benadering is deeglik, dog redelik konserwatief, alhoewel hy self dink hy’s nogal with-it.  Hy is ‘n evangelical van die seeker-sensitive Saddle Back/Willow Creek-tipe, wat hy beskou as die “new kind of church”.  Dis nogal verbasend, want die seeker-tipe kerk is al so ‘n dekade of twee met ons – nie dat dit nie belangrik is nie.  Hy mis egter die hele post-moderne/emergent kerk geheel en al, en daarmee saam die opwindende moontlikhede wat huisgroepe, niskerke, missonale denke en sulke dinge inhou.  Dalk het hy net besluit hy’s nou te oud vir daai tipe ding, of in sy milieu kry hy alreeds moeilikgeit omdat hy so “liberaal” is.  In elk geval, sy boek is soos volg:

Deel 1 Changing times (hfst 1-3)

Ek waardeer dit vreeslik dat hy ‘n kontekstuele verkenning doen, en hy gebruik George Barna se syfers om aan te dui dat 80% van evangeliese kerk in ‘n plato of in ‘n afname is.  Dit word goed opgebreek in die sg. Builders (Stil Gen), Boomers, Busters (X-Gen) en Mosaics (Millenials of Y-s).  Hy noem ook die uitvloei van “warm” Christene uit die kerk, wat jy vandag kry, wat Barna bevind het.  Die “kerk” wat die vinnigste groei is die Mormone en hulle is nou groter as die Presbyterians en Episcopalians (Anglikane) saam in die VSA.  Teen die huidige groei sal hulle teen 2080 die tweede grootste Christelike groep wees naas die katolieke kerk (maar dis te betwyfel, want hulle sal hulle teen dieselfde kulturele tendense vasloop as alle kerke).  Waarom verlaat mense die kerk?  Wel,

  • Die hele kultuur het verander – diversiteit, globalisme, verbuikerisme, individualisme, tegnologie, ens. laat ons myle weg van die monokulturele Amerika van 40-50 jaar gelede.  Sondagoggende is net nie meer wat dit was nie.  Kerke wat nog wag dat die besoekers moet inkom, wag nog steeds.
  • Geloof word nie langer aan die kerk gekoppel nie.  Spiritualiteit is alive and well buite die kerk.  Mense sorg geestelik vir hulleself – al die metodes is daar.  Die kerk word beskou as irrelevant, selfs vir geestelike doeleindes!

Kerke is eenvoudig te rigied om te kan aanpas.  Dan is daar diegene wat prinsipieel weier om aan te pas – hulle glo die inhoud EN vorm kan bly nes dit is, baie dankie – kop in die grond.  Malphurs doen ‘n Skrifstudie om hulle te oortuig van die kontekstualiteit van die kerk deur al die eeue (ook die Vroeë Kerk).  Hy onderskei drie filters om ons te bewaar van die-spoor-verlaat met al die verandering:

  • Essentials (wat hy sommer self kies) moet noodwendig deur almal aanvaar word
  • Non-essentials kan vryheid hê
  • Liefde in alle ander dinge.

Die ou spreuk, dus: in necessarii unitas, in dubii libertas, in omnibus caritas.

Deel 2 Changing churhes (hfst 4-10)

Nou gaan hy kerke van ‘n teoretiese raamwerk verskaf van die nitty gritty van verandering – en dis maar waaroor sy boek gaan. Die volgende is die uitstaande punte:

  • Hy onderskei mooi tussen goeie en slegte tradisie (en dis altyd so oulik om goeie evangeliese Christene (wat so op hulle neuse afkyk na die katolieke en die gereformeerdes se “dooie tradisies”) op hulle eie geliefde tradisies te wys, waaraan geklou word ten alle koste, of jy kom voor die sinode.  Dis immers nie dinge wat in die Bybel staan nie…
  • Sy “theology of change” is inderdaad werklik waardevol.  Hy onderskei mooi tussen functions (wat die kerk moet doen: worship, evangelism, ens. – ek sou die lys anders inrig as hy), forms (hoe die kerk dit doen), en freedom om wat wanneer te verander.
  • Sy “theology of culture” is nog meer waardevol.  Hy deel oor waarom kultuur belangrik is, en gaan dan in diepte in oor wat kultuur is: die geloof (wêreldbeeld), waardes, taal en optrede van ‘n sekere groep mense in ‘n sekere tyd.  Kultuur is nie gelyk aan die “wêreld” nie – kultuur is wesenlik neutraal, dit kan goed of sleg wees.  Die evangelie is nie teen die kultuur nie (en die evangelie is allermins daar om die Westerse kultuur elders te gaan afdwing.  Nee a, die Weste met sy swak sedes,  skeefgetrekte waardes, hebsug, vervlakking en hoë egskeidingsyfer kan dalk maar net daar in die Weste bly.  “Hulle” hoef nie soos ons te word of selfs kerk te hou nie.  Nee, die evangelie kontekstualiseer/inkultureer, en die evangelie spreek die slegte in die kultuur aan). Anyway, hy bespreek die ding tussen die evangelie en die kultuur.
  • Nou gaan hy eers die plaaslike kerk definieer – sien, dis die verskil tussen ‘n professor soos hy en vorige ouens wat maar net die regte ou op die regte tyd en plek was en nou ‘n boek skryf.  Hy werk vanuit die Groot Opdrag, wat ‘n baie geldige basis is vir so ‘n definisie.
  • Hy bespreek die kerk as “serving church” en ek hou van sy voorbeelde van kerke, wat absoluut hulle gemeenskappe dien:
    • Vineyard Community Church, Cincinnati was karre anoniem of verniet, verskaf koue drankies op warm dae, gaan maak badkamers skoon van plaaslike restourante en garages – sulke dinge;
    • Fellowship Bible Church, wat deur amper almal in Little Rock, Arkansas geken word vir al die goeie goed wat hulle doen: ekstra klasse aan minderbevoorregtes, pretdae vir die polisie en brandweer (sjoe, hulle het nie ons klas behoeftes nie);
    • Willow Creek Community Church, van wie Malphurs ekstra baie hou.  Willow het besluit om hul Sondagdienste op ongelowiges te rig en hulle doen dit konsekwent.  Hulle dienste is NIE vir gelowiges nie – gelowiges se teaching-geleenthede is Woensdagaande.

Nou begin hy dinge saamvat.  Verandering is nodig. Hy bespreek nou die kritiek wat teen verandering ingebring word een vir een (wys jou in watter konteks hy hom bevind).  Ja, maar die Woord word nie reg verkondig nie, die evangelie word afgewater, al daai dingetjie vat hy een vir een aan, baie deeglik.  Volgens wie se maatstaf, moenie veralgemeen nie, wat is die alternatief van verandering, ens.  Dan sluit hy af (‘n grand hoofstuk vir ‘n begeleier soos ek) met ‘n hele uiteensetting van die proses wat hy volg om ‘n gemeente deur ‘n proses van verandering te begelei.  Dis deeglik, alhoewel dit nogal standaard is.  Dit kopieer ek vir my lêers!

Bespreking

Ek dink hierdie boek is ideaal vir ‘n kerk wat deur verandering wil gaan.  Dis waarskynlik nie die teksboek vir die kursus wat ons in gedagte het nie.  Ek dink ons kan uit die bestaande boeke ‘n raamwerk begin saamstel, maar behoort ook nog te kyk na die missionale kerk, bv. iets van Reggie McNeal.  Ek dink dit is goed vir ons konteks om kleiner, effektiewe kerke te bou, in ons onderskeie konstekste en kulture, en missionaal en pastoraal motiveerbaar.

 

 


Gelukkige Maat, Gelukkige Huwelik (Pat en Ruth Williams)

Gelukkige MaatGelukkige Maat, Gelukkige Huwelik (Pat en Ruth Williams – 2013, CUM)

Pat is die afrigter van ‘n groot basketspal in Amerika en het (neem ek aan) ‘n mate van faam.  Die naam van die span beteken vir 99%+ van onse mense ‘n ronde nul, maar dis die Orlando Magic. Nog VER meer verbasend is die feit dat hy 19 kinders het!  Jip, hy en sy vrou het (hou nou by) drietjies gehad, en toe twee outjies uit Korea aangeneem, en toe het hulle Michael en toe het hulle nog tweetjies uit Korea aangeneem (dis is dus 8) en toe het hulle vier Fillipynse straatkindertjies aangeneem en toe Gaby en Katy uit Roemenië (m.a.w. 14) en toe het hulle die 4 wesies in Brasilië gesien – en die res is geskiedenis, dus ‘n totaal van 18.  Maar was daar nie 19 nie?  O ja, en toe sê sy vrou sy sien nie meer kans vir die huwelik nie en hulle skei en so kry hy toe alleentoesig, hoera, van al 18, maar gelukkig ontmoet hy toe die wonderlikste vrou, en sy het ‘n kind gehad en so is dit dus 19 kinders.  Sonder twyfel verdien hierdie man ‘n Honoris Crux of ‘n Orde van die Kremetart en is ‘n hele klomp lewens radikaal verander, maar my vraag was die heeltyd – wat VERDIEN afrigters dan in Amerika?  Wel, bekende afrigters verdien seker maar super-salarisse.  In elk geval, ons kan maar aanvaar dat Pat iets het om oor die huwelik en kinders grootmaak te vertel alhoewel ek nou daaraan dink dat hy nie die eerste mislukking kon verhoed nie, nè?

Ek dink dis ‘n baie goeie boek vir elkeen wat met die huwelik begin, of wat dalk so ‘n bietjie in die huwelik vashaak – en dis maar omtrent almal, nie waar nie?  Die volgende het my laat regop sit en in die boek laat belangstel:  ‘n man bel hom in die middel van die nag en sê sy vrou wil hom verlaat.  So sonder waarskuwing, ens.  Die wat berading doen, ken dit – en ek glo hom as hy sê dat vroue twee keer meer ‘n egskeiding aan die gang sit as mans.  In elk geval, sy advies is onmiddelik dat die man nie moet neul en smeek dat sy vrou by hom bly nie (sy sal net al hoe minder van hom hou), maar dat hy moet vra vir ‘n tyd om te verander.  Dan sal hy wat Pat is vir hom advies gee wat 99% gewaarborg is om te werk.  Ai, die Amerikaners… In elk, die advies is in HIERDIE BOEK.  Ek glo wel as elke eggenoot (dis veral op mans gerig) maar net hierdie dinge sal doen – of die helfte daarvan – sal vele, vele egskeidings verhoed kon word.  In daardie sin sê ek:  koop die boek, lees dit, gee dit vir jou man om te lees (of anders vertel hom in vriendelike en reguit taal wat van hom verwag word, want meeste mans het nie ‘n clue nie).   Pat se vier groot punte is dit:

1 – SEëN JOU HUWELIKSMAAT

Pat noem die hartseer statistiek van Barna (p22) dat sg. “wedergeborenes” meer geneig is om te skei as ander soorte Christene (soos Katolieke), en ook meer as ongelowiges of die van ander gelowige – sad but true – en die statistiek dat mense na hulle egskeiding nie noodwendig gelukkiger is as daarvoor nie (p27).  Hy gee dan 10 alledaagse maniere hoe eggenote mekaar kan seën.  Dis baie basies, maar baie belangrik, want as die basics van mooi van mekaar praat en lepel-lê nie in plek is nie, hoe kan die res in plek wees?

2 – BOU JOU HUWELIKSMAAT OP

Pat bespreek nou allerhande maniere – baie prakties, en Ruth sy vrou gee ook haar insette – hoe eggenote mekaar moet kan bemoedig, aandag gee, vreugde gee, te vervul, te praat en te luister.  Hy sê sy predikant sê – die meeste van ons is met die Heilige Gees getroud, maar ons het nie genoeg verstand om te luister nie… dit werk twee kante toe, nè?  Hoe om finansies, loopbane, kinders, geestelikheid, ens. te hanteer en ‘n hele hoofstuk met vergiffenis.  Mens kan nie dieselfde goed oor en oor ophaal nie.

3 – BREEK DIE MURE AF

Pat-hulle gee baie goeie raad aan die wat nog ongetroud is.  Dit is so dat jy mooi moet kyk met wie jy trou want hy of sy gaan nie “beter” word nie, en jy trou inderdaad met die hele familie, sulke goed.  Kyk hoe die waardes verskil…  Ruth sê mooi (vir vroue) dat jy nie moet kyk na die tipe man wat jy eendag wil hê nie, maar moet kyk na die tipe getroude vrou jy eendag wil wees.  Dan sê Pat die mans moet end kry om sulke mure om hulle te bou en mense moet leer om hulle hart en lewens te deel – hoe belangrik!  Mense moet die lewe saam kan geniet en saam kan lag en hy gee oulike inligting (p173-4) oor hoe lag (die kyk van ‘n komedie) die bloedvate en bloeddruk verbeter teenoor spanning (die kyk van ‘n drama).

4 – DIE KRAG VAN AANRAKING

Hulle noem die bekende geval van die babas wat dood is van gebrek aan aanraking [p185-186] en die Roemeense weeskinders wat geestesprobleme ontwikkel het omdat hulle fisies verwaarloos is [p188-190].  Mense het ‘n vel-honger en wil fisiek aangeraak word.  Drukkies en soentjies word bespreek en dis dan nou veral vrouens wat koestering benodig, volgens hulle (ek dink dis maar almal) en so kom hulle by seks uit. Die boodskap is die bekende een dat die man nou nie moet dink hy hoef nooit met sy vrou te kommunikeer nie, maar dan vannag wil hy skielik “kommunikeer” .  O nee, meneer – eers help met die skottelgoed, dan drukkies en briefies, dan vir haar ‘n bad intap en haar rug was, en dan kan jy jou move maak…  Sjoe, darem seker nie altyd nie, maar die idee is daar.

Bespreking

Ja, dis ‘n goeie boek en ‘n belangrike boek vir almal wat getroud is.  Ja, dis aanbevole.  Nogtans het sulke kyk-hoe-doen-ek-dit-die-beste boeke my soms bietjie moedeloos.   Die volmaakte man (ryk, bekend, wonderlike Christen, reis die wêreld vol – kinderoppasser sorg tuis – skryf briefies vir sy vrou, bel haar elke oggend, sê drie keer per dag hy is lief vir haar, tap haar bad, was haar rug) en die volmaakte vrou (bekende StephenCovey (“7 Habits”)-konsultant, travel die wêreld vol, doktergraad in verhoudings, koer vir hom oor die foon voor 11:00 elke dag, ken sy behoeftes, verstaan sy liefdestaal, bid saam met hom, maak die beddens op, bestuur die hele huishouding).  Waar pas die gewone ou (soos ek) nou in?  Die boek is ook nie die hele oplossing vir ‘n huwelik waarvan een stel wiele al van die spoor af is nie – as al die goeie tips in hierdie boek bv. net deur een eggenoot gedoen word  (vele brawe vroue (en mans) probeer so hard maar so alleen aan hulle huwelike werk) – gaan dit nie genoeg wees nie.  Daar moet ‘n mate van wederkerigheid wees.  Altwee moet inkoop op die goeie boek.  Sulke mense moet wel die boek deurwerk (maar hulle doen nie, nè) en dan ook hulp gaan soek.  Maar die boek sal help!


Mark Dever & Paul Alexander – The Deliberate Church

deliberateMark Dever & Paul Alexander – The Deliberate Church (2005, Crossway)

Steeds besig met voorbereiding vir ‘n kursus oor gemeentebediening wat ons moet opstel…

Hierdie boek is omtrent die teenoorgestelde as die vorige boek.  Dit is ook ‘n handleiding vir die leraar oor al die aspekte van gemeentewees, maar kom uit ‘n ander hoek en is gemik op ‘n heel ander gehoor. Dit gaan nie oor ‘n megakerk nie, maar oor ‘n kleiner, evangelistiese gemeente.  Dis ‘n gemeente waarin die leraar elkeen afsonderlik ken, vir elkeen by die naam bid, en waar hulle die lidmaatlys klein maar suiwer hou.  Dis ook ‘n baie konserwatiewe benadering, waar hulle bv. seker maak dat hulle nie entertain nie, of dat die liedere nie te triumphant is voor die Woord nie.  Die evangelie word op die tradisionele manier gepreek – deur expository preaching.  Die krag van die kerk lê in die verkondiging van die evangelie, sê hulle – ‘n absolute waarheid, maar ek vermoed hulle dink aan “verkondiging” slegs op ‘n (baie) tradisionele manier.  Ek maak ‘n paar verdere notas om hulle benadering te illustreer (en vergelyk hoe dit verskil van die pastor as CEO-model – vorige boek):

  • Hfst 4 – Lidmaatskap: maak die lidmaat-toelating maar strengerig (hulle vereis dat die lidmaat die evangelie sinvol in minder as 60 sekondes kan verduidelik) en vereis ‘n behoorlike church covenant (hulle gemeente s’n dateer uit 1878).
  • Hfst 5 – Tug: hierdie ouens neem tug ernstig op en hulle sny mense publiek af, sodat die gemeente kan vermy om met die oortreders te kuier, te eet of te gesels.  Hierdie dinge praat met ons, want ekskommunikasie en shunning is ‘n Bybelse konsep.  Ek dink die vraag is hoe ons dit in ons tyd moet benader.
  • Hfst 6/7 – Erediens: hulle gebruik die strenger Regulative Principle wat sê hulle diens bevat net wat duidelik in die Bybel gevind/voorgeskryf word, nie die Normative Principle (deur Luther o.a.) wat sê dat alles wat nie deur die Skrif verbied word, ingesluit kan word nie.  Hulle bly dus by:
    • Skrif lees en preek
    • Skriftuurlik bid
    • Liedere sing wat so Skriftuurlik is as moontlik
    • Die “ordinances” doen – doop en nagmaal (Baptiste glo nie aan “sakramente” nie)

Die skrywers is eintlik glad nie lief vir twee dienste met twee style nie – die GEMEENTE kom byeen vir die dienste en dit is dit.

  • Hfst 8 – Pastor: die rol van die pastor is vernaamlik om te preek en te leer en die skape te laat graze, te guide en te guard.  Hoe anders as die groot kerk se pastor wat nie ‘n herder is nie, maar ‘n leier.
  • Hfst 9 – Ander byeenkomste:  die skrywers gee tips oor die volwasse Sunday School (in Amerika is Sondagskool ook vir volwassenes), die oggend- (meer evangelies) en aanddiens (familie-geöriënteerd), die Woensdagaand-lering en dan die gemeente-vergaderings (die Baptiste is kongregasionalistiese –wat ‘n woord– instellings).  Geen woord oor kleingroepe nie.
  • Hfst 10 – Ordinances: Hulle doop net volwassenes, om te verhoed dat ‘n kind dalk ‘n ligtelike oorgawe maak (– Jesus was dus verkeerd om te sê die koninkryk is vir kinders).  Soos die doop die voordeur is, is die nagmaal die agterdeur en die tug sny mense af van die gemeenskap van die nagmaal en so hou hulle die mense in die kerk – so iets…
  • Hfst 11 – Liefde: die gemeenskap van die kerk word bespreek as covenantal, careful, corporate, cross-cultural, cross-generational, ens.
  • Hfst 12 – Musiek: hulle vermy entertainment (te veel sangers en solos) en subjektiewe emosionaliteit.  Ek dink nie hulle doen die hedendaagse praise & worship nie – hulle wil nie aanbidding “privatiseer” in die diens nie; wil dus nie “toe-oë” sing of baie “ek”-taal in die liedere hê nie (en dis absoluut waaroor praise & worship gaan).  Hulle hou by congregational singing, by objektiewe teologies-ryk liedere.  Hulle hou dit eenvoudiger, met slegs ligte kragversterking en onprominente leiding.  Hulle sing die hymnal letterlik deur: Jan-Mrt sing hulle liedere 1-100, Apr-Jun dan liedere 101-200.  Regtig? Tog nou nie emosionele keuses maak nie… sing soos voorgeskryf!  Hierdie ouens verloor seker baie lede.
  • Hfst 13-16 –  Ouderlinge/leierskap/personeel: Ja, verskeie hoofstukke oor die streng keuring van ouderlinge. Tipies het hulle nie “departemente” (van musiek, jeug, evangelisasie, ens. ) nie, maar volg ‘n meer tradisionele model:   pastorale assistente en assistent-pastors is meer generaliste en werk langs mekaar – amper soos gereformeerde dominees met ‘n ligte mate van spesialisering, maar wat ook algemeen verantwoordelikheid neem.  Die leraar is nie (noodwendig) die voorsitter van die ouderlinge-raad nie.  Tog interessant dat hulle ook maar die hedendaagse maar “onbybelse” vergaderingprosedure gebruik om die kerk van die Here te bestuur…  ek bemerk ‘n dubbele standaard!

Wat dink ek hiervan?

Ag, almal skryf seker maar hulle kyk-hoe-doen-ons-dit-die-beste boek.  Dit is ‘n tipiese tradisionele benadering.  Nêrens ‘n woord van ons getalle nie (klink maar minderig), maar baie op ons suiwerheid.  Groot kerke en moderne kerke (om van post-moderne kerke nie te praat nie) doen dinge anders, heeltemal anders of presies teenoorgesteld as hierdie.  Ek stem wel saam dat sukses nie in getalle gemeet moet word nie, maar in getrouheid aan die Meester se opdrag.  Dit is eintlik verfrissend om te sien dat hierdie ouens die Skrif streng gebruik om ‘n sekere teologie te skep en dat daardie teologie dan hulle praktyk dikteer.  Dis ten minste eerlik en konsekwent.  Ek dink egter dat hulle teologie (en dus praktyk) nie die enigste is wat geldig is nie.  Ek dink hulle verstaan word erg gekleur deur hulle kerklike tradisie van die laaste 100 of 200 jaar.  [Onthou, elke kerk het sy eie Bybelse verstaanstradisie wat verklaar hoekom hulle doen wat hulle doen.  ‘n Bietjie nederigheid sou van pas wees!]  Ek dink hulle mis uit op ‘n behoorlike “eksegese van die wêreld” – die verstaanshorisonne van die Woord en wêreld moet immers in die praktyk oorvleuel.  Die beginsels van die Woord moet die WAT bepaal en die beginsels van die kultuur moet die HOE bepaal. Kritiese onderskeiding is nodig – van ons kerkkultuur en van die wêreld se kultuur – dis nie te sê dat ons sommer huidjie en muidjie moet val vir die sekulêre korporatiewe model, of alles wat die wêreld glo of wil hê nie.  Ek dink wel hierdie ouens mis die wêreld meer en meer.  En dis nie suiwerheid nie – dis dwaasheid.  Ek glo ook nie die Vroeë Kerk het so gelyk nie, om teologiese sowel as kulturele redes.  Dis nie dat daar nie oulike goed te leer is by hulle nie, maar ek selfs sou nie by hulle kerk aansluit nie.


Leading beyond the Walls – Adam Hamilton

leadingLeading beyond the Walls (Adam Hamilton – 2002, Abingdon)

Steeds besig met die voorbereiding vir ‘n kursus wat ons moet opstel…  Hamilton is die senior leraar van die Church of the Resurrection, United Methodist Church, Leawood, Kansas.  Dit is ‘n groot kerk van 6000-8000 mense en wat hy skryf is maar net wat hulle doen.  Dit is ‘n tipiese megakerk-benadering en daar is heelwat te leer vir elke leraar van kleiner kerke.  Alle leraars moet van tyd tot tyd kennis neem van wat goed werk in ander opsette. Dis egter nie vreeslike nuwe of grondverskuiwende materiaal nie. Dit is die tipe “kerkgroei”-inligting wat al baie lank saam met ons is.  Dit gaan oor die leraar “as CEO” en hoe om jou gemeente te bestuur tot groter hoogtes.  Sukses word veral gemeet aan getalle.  Doen alles professioneel en op ‘n baie hoë standaard.  In ‘n sin is dit uiters tradisioneel. Sulke voorstelle is besliste “eerste orde-verandering” (om meer effektief te wees in jou bestaande paradigma), terwyl ons in ons kerke ten minste plek-plek “tweede orde-verandering” (‘n totaal nuwe paradigma) nodig het – en dringend ook. Ek som sy vele hofstukke kortliks op.

EEN: Hamilton gebruik die herder as beeld van Bybelse leierskap – deesdae word egter veral die liggaamsbeeld beklemtoon;

TWEE: Die drie vrae wat elke leraar moet afvra is: (1) Waarom het mense Christus nodig, (2) Waarom het mense die kerk nodig en (3) Waarom het mense spesifiek JOU kerk nodig.  Jy moet immers glo jou kerk maak ‘n onontbeerlike bydrae en moet daardie bydrae goed verstaan.

DRIE: Die kerk behoort aan Christus

VIER: Hoe om die kerk te bemark – ja, hy gebruik die woord “bemark: sonder skroom, volkome ingekoop in die korporatiewe model van kerk.  Bruikbare tips.

VYF: Die klein dingetjies moet reg wees – goeie tips oor ‘n goeie eerste indruk, parkering en sinvolle signage

SES: Effektiewe opvolg is belangrik – besoekers skryf hul name op ‘n kaartjie (en daar’s ‘n triek om hulle so ver te kry) en word dan opgevolg – aanvanklik deur die leraar self, maar ook op ander maniere.

SEWE: Die verwagtings van lidmaatskap.  Vir ons opset is dit nogal interessant dat groot kerke lidmaatskap nie sien as ‘n hekkie om te oorkom met streng keuring nie.  Sommige sien dit meer as ‘n administratiewe aangeleentheid (‘n ledelys), en ander net as ‘n verwelkomende groep soekers na God en ‘n sinvolle lewe.  Elkeen is letterlik welkom – eers as deel van die community ontmoet ons die Here (beter) en groei ons geestelik.  Ons moet besef dat “lidmaatskap” as sulks nie ‘n Bybelse saak is nie, dit het uit die kerkgeskiedenis gegroei, meer spesifiek die kategese wat belydenis van geloof, voor die doop, voorafgegaan het.  Hierdie ouens vra net twee vrae: Wil jy ‘n dissipel van Jesus wees?  En Sal jy hierdie gemeenskap jou geestelike familie maak?  Daar is geen pledge teenoor die kerk as sulks nie, maar hoë verwagtings word duidelik uitgespel, aangemoedig en (oorsigtelik) gemeet:

  • Om elke Sondag ‘n diens by te woon
  • Om elke jaar iets benewens die diens te doen vir geestelike groei; ‘n kursus, Sondagskool, Bybelleesprogram, ens.
  • Om aan die gemeente te gee na die mate van die vermoë
  • Om te dien deur die gemeente se strukture

AGT: Die hoe en hoekom van hulle diens.  Hoe hulle (1) die Skrif hanteer (oulik dat hy ons herinner die katolieke ‘n baie meer Bybelse diens het as ons J met die dat die ou kerke lang stukke lees uit die leesrooster, terwyl ons twee of drie verse lees en dat die dominee dan sy preek daaraan haak), (2) kerktradisie (wat weer baie belangrik word vir mense), (3) mense se belewing, (4) die verstand en (5) gebed.  Oulike tips – laat my sommer terugverlang na Mosaiek, wat onoortrefbaar is (en dit is net ‘n feit) in die verband.

NEGE: Prediking:  Hamilton blaas ‘n bietjie sy beuel oor sy prediking en verduidelik hoe hy die doelwitte van prediking benader: (1) evangelisering – waarvoor hulle in Ja/Feb relevante gemeenskapsreekse aanbied (hulle doen nie altars calls ens. nie, ‘n geliefde stukkie evangelical tradisie, maar benader dit meer eenvoudig), (2) dissipelering – hy beskou ‘n dissipel as iemand wat God lief het met sy hoof, hart en hande en sê hoe hulle elk benader, (3) pastorale sorg en (4) preke oor die kerk, sy doelwitte, ens.  Hy beskryf hoe hy sy preke aanpak, hoe hulle dit aanvul met preeknotas en hoe hulle die kerkjaar gaan.

TIEN: Pastorale sorg: Hulle het natuurlik voltydse staf, georden en ongeorden, wat berading doen.  Die grootste deel van hul pastorale sorg gaan deur hul ministries: Stephens Care is toegewyde mense wat elk net een of twee behoeftiges kry om kwaliteit aandag aan te gee, en dan is daar die Hospitaal-ministry – leke wat hospitaalgevalle opvolg.  Hy bespreek ‘n verskil tussen groot en klein kerke in die sin dat klein kerke se leraars baie tyd aan persoonlike aandag en huisbesoeke gee.  Dit is fantasties, maar ongelukkig een van daardie dinge wat ‘n klein kerk klein hou – groot kerke se leraars is strategiese leiers wat meeste tyd spandeer aan beplanning en vergaderings.

ELF: Troues word bespreek: Hamilton self doen 10-12 troues self, die res doen sy pastors, maar hy beskryf hoe hulle dit gebruik om mense in te trek.  Tipies van die Ingelse troues is die preek net 8-10 min lank.  Baie wat by hulle trou word uiteindelik ook lede – lidmaatskap is nie ‘n voorvereiste nie.  Selfde met begrafnisse, waaroor hy lank uitwei – en soos altyd wys op ander kerke se gebruike wat nou maar nie so goed is soos hulle s’n nie.

TWAALF: Hoe om te deel met teenstand. Een van die take van leierskap is om konflik te hanteer en hoe groter die kerk, hoe groter die konflik.  Dis nou maar so.  Volgens Hamilton het kritiek te doen met (1) weerstand teen verandering, (2) gebrek aan goeie kommunikasie en (3) persoonlike redes: mag, jaloesie, ambisie, frustrasie, ens.  Daar is net ‘n kort woordjie oor die waarheid om ook na kritiek te luister…

DERTIEN: Word ‘n visionêre leier. Ja, ‘n visie… so belangrik (en so deel van die korporatiewe kultuur waarin kerke vanadag is). Hy gee voorbeelde van hoe pragtig hy al dinge vooruitgesien het.  Sy tien punte in die verband is baie algemeen – Captain Obvious.  Die boek is eintlik baie algemeen.  Dis asof Hamilton baie laat op die wa spring met die CEO-ding en regtig min byvoeg.

VEERTIEN: Hanteer personeel.  Hy verduidelik hoe hy sy 140 personeellede hanteer. Hy is die beste!  ‘n Afdeling van die hoofstuk is net vir BAIE groot kerke, maar daardie BAIE groot kerke het natuurlik voltydse MBA’s in diens en ‘n string konsultante (been there…) – dink nie Br Hamilton kan veel toevoeg nie.  Hy gee dan ook heelwat tips, o.a. onsinnighede soos A heartfelt thank you note after a job well done is worth more than a $1000 raise – liewe land, dit is R10410 met vandag se wisselkoers… die boek begin nou uitrafel (of is dit ek?)

VYFTIEN: Fund raising is natuurlik vir groot kerke ‘n voltydse taak.  Fund raising is vandag ‘n beroep op sy eie en hulle maak natuurlik gebruik van professionele firmas in die verband.  Hy bespreek hoe hulle tiendes insamel (d.m.v. ‘n jaarlikse commitment) asook ander fondse en spel die kalender vir fondsinsameling oor ‘n kalenderjaar uit.  Die les is dat mens baie meer intensioneel met fondsinsameling moet omgaan as ons wat dink dis geestelik om niks daaraan te doen nie.

SESTIEN: Sy qualities of an effective pastor is weer so obvious dat enige dit self kon uitdink: integriteit, passie, visie, verhouding met die Here – regtig…

SEWENTIEN: Hoe om uitbranding te voorkom.  Goeie grense is die antwoord vir alle leraars (leraars in kleiner gemeentes is ewe besig/of dalk besiger as die van groot gemeentes).  Dis wat ek sê, nie hy nie…  Hy gee goeie tips soos practice what you preach – ai, liewe land.

AGTIEN: sy Postscrip en persoonlike aanmoediging vir leraars van tradisionele kerke.  Hierdie kerk is heel tradisioneel en hy voel dat die tradisionele kerk steeds ‘n plek het.  Ek stem saam.  Diversiteit is die trefwoord van die post-moderne era en baie het ‘n behoefte aan die tradisionele vastighede.  Daar is eintlik ‘n herontdekking van tradisie.  Hy glo sy benadering omvat:

  • Die evangelical EN die social gospel
  • Die hart EN die verstand
  • Tradisie EN kulturele relevansie
  • ‘n deernisvolle en genadevolle evangelie
  • ‘n klem op vroue in die bediening

Wat is my gevoel?  Hamilton is nie een van die emergent ouens nie.  Hy gebruik nie die term post-modern nie – trouens hy is so modernisties as kan kom.  Omdat ek self vir ‘n post-moderne bediening staan, voel dit vir my nogal soos ou nuus.  Die boek is baie algemeen en steek bv. af by Warren se Purpose Driven Church, wat iets nuuts op die toneel gebring het.  Hamilton doen NIE sy woord gestand in die titel “Leading beyond the Walls” nie – want dit gaan nie eintlik oor leierskap nie en dit gaan nie oor ‘n missionele kerk nie (hy ken eintlik nie die term nie).  Hy beskryf bloot hoe hulle so groot geword het.  Hy laat dit klink dat ander dit kan nadoen as hulle doen wat hy doen.  Dit werk nie so nie.  Unieke omstandighede geld.  Dit het ook baie te doen met daardie leierskaps-persoonlikheid, waarna hy glad nie verwys nie.  Nogtans dink ek leraars van kleiner kerke kan baie hieruit leer – die groot kerk doen dinge dikwels presies andersom as klein kerke (en dit wat klein kerke doen is dikwels dit wat hulle ook klein hou).  In die wêreld van vandag is die tendens na megakerke, maar ook niskerke sal kan floreer.  Ek sou sê ‘n predikant moet die boek deurlees en dan notas maak vir persoonlike aanwending in sy eie gemeente.  Daar behoort ‘n hele paar idees na vore te kom – veral as hy nie baie boeke in die verband lees nie.


The Trellis and the Vine – Marshall & Payne

trellisThe Trellis and the Vine – Colin Marshall & Tony Payne (2009, Kingsford NSW, Australia: Matthias Media)

This one you can pass… I must help writing a course and need to read a few books.  Today’s job was this one.  The notes are for future reference.  BUT…. if you’re interested in church, and church growth, you might JUST be interested…  If you want to, you can skip to my cursory discussion right at the end.

Marshall & Payne writes from Australia, from the context of modern but traditional churches – Anglican, Presbyterian, etc.  Their metaphor of “the trellis and the vine has” to do with the church – they say churches spend too much time extending and propping up the trellis (the church structures) and too little time on the “vine-work” (growing the gospel in peoples’ lives).  Chap 1

Ministry mindshifts that is now taking place (or for the last decade or two) is changing that around, such as (p17-25): Chap 2

  1.  From running programs to building people
  2. From running events to training people
  3. From using people to growing people
  4. From filling gaps to training new workers
  5. From solving problems to helping people make progress
  6. From clinging to ordained ministry to developing team leadership
  7. From focusing on church polity to forging ministry partnerships
  8. From relying on training institutes to establishging local training
  9. From focusing on immediate pressures to aiming for long term expansion
  10. From engaging in management to engaging in ministry
  11. From seeking church growth to desiring gospel growth

God is establishing his church all over the world as the gospel (or the “Word”) is spreading. People are saved, entered into the Kingdom and given an incorruptable inheritance.  This Word must also grow in every Christian’s heart (p35)  This is what the authors mean with “gospel growth”.  God’s grand work has three implications for us (p38):

  • We should stop with our small and selfish ambitions in God’s kingdom, and abandon ourselves to the cause of Christ;
  • The growth that God is looking for is growth in people not in churches, attendance or whatever we feel important: individual believers should be grafted into the vine and be brought to growth;
  • This can only happen through the work of the Spirit. Chap 3

For this work every Christian is a vine-worker, a minister, a missionary (Chap 4).  Everyone shares in the proclamation of God’s grace. However everyone will contribute in his or her own way.  (Chap 5)

For this purpose every member should be trained, which in the Biblical world view is not something that happens from a book – it happens in the community of believers, more specifically in a relationship of mentor-mentee; trainer-trainee.  People should grow in (p78)

  • Conviction
  • Character
  • Competency

Chap 6

Gospel growth happen in four stages (p84): Outreach, Follow up, Growth, Training.  Training actually undergirds all these aspects.  “Training is the engine of gospel growth” (p90).  To facilitate gospel growth in a person he must be taken from where he is, and then helped “the next step” – that’s all.  Chap 7

Marshall & Payne distinguishes rightly between three paradigms in church leadership of recent times:

ONE: THE PASTOR AS SERVICE PROVIDING CLERGYMAN (p94)

  • Pastor as professional cleric
  • Pastor preaches, counsels, visits, renders professional services like weddings, funerals
  • The Sunday service is the main ministry event
  • Outside the service only the minister is ministering
  • The members are consumers, receiving ministry – maintenance mode

TWO: THE PASTOR AS CEO (p96)

  • Pastor as manager in corporate style (church growth movement of the 70’s-80’s; seeker church models of 90’s-00’s)
  • Pastor also manages leaders, teams and congregation for growth: envisioning, planning, implementing, evaluating, etc.
  • The Sunday (“seeker”) service is an attractional event – carefully planned to have epeople come back
  • Outside the servince a range of activities and programmes are offered
  • The members are “involved” in groups in “growth mode” – although groups do not necessarily contribute to “gospel growth”

THREE: THE PASTOR AS TRAINER (p99)

  • Pastor’s preaching and ministering is aimed at training every member to become a disciple
  • The Sunday service is intended as a worship meeting for the disciples, but also as training for their disciplemaking task
  • Other events are also aimed at training: in group and personal settings
  • Outside the service the disciples are reaching out in their everyday lives making disciples
  • Pastoral care take splace in groups, but the groups as such will not lead to care – persons should be trained to offer pastoral care
  • The members are disciples in mission mode

Chap 8

We therefore need co-workers.  It’s the pastor’s major responsibility to train op a team of co-workers.  If he selects from the most promising and senior Christians, they will be able to help those who are less capable and mature.  If the pastor only focuses on the immature, he will remain the only minister and be left in a previous paradigm.  He needs a team.  They needn’t be fulltime.  He can meet with them weekly and impart his vision, specific ministry skills and plan ministry to certain people.  The authors spell out which people should be avoided (118-120).  As the fellowship grows, the team will grow.  Chap 9

Some people will become paid co-wokers, or part time or full time ministers.  It’s interesting that the authors argue against receiving an inner call to ministry as prerequisite.  For them it’s not as Biblical as we may think.  They say that in the Bible people are rather recognized as anointed ministers and then set apart for ministry.  They grow into full time ministry.  Therefore we should watch the growth of certain gifted and mature people and train, challenge, call and appoint them.  We should be “talent scouts”  (p139). The more we can get into full time or paid ministry the better, purely out of practical concerns.  Chap 10.  The authors spend a short chapter on how to put people (“apprentices”) into a formal two year ministry apprenticeship (for whichg they have a program) and then formal theological study. Chap 11

In summary (Chap 12), the authors show the reader how to make a start.  First the basics (p152-7):

  • Our goal is not church growth, but gospel growth – discipleship
  • Churches tend to insititutionalism – the focus is always from the vine to the trellis.  We program everything
  • The heart of discipelship is prayerful teaching – disciple means “learner”
  • The goal of ALL ministry (every aspect) is to make disciples
  • To be a disciple is to be a disciple-maker (and everything we do is disciple-making)
  • Disciple-makers should be trained and equipped
  • There is only one class of disciples – despite different roles or responsabilities
  • The Great Commission needs to drive fresh thinking about our Sunday meetings, etc.
  • Training almost always starts small and grows by multiplying workers
  • We need to challenge and recruit the next generation of pastors, teachers and evangeltits

Then the steps:

  1. Set the agenda on Sundays: preach it, get testimonies, pray for it, etc.
  2. Work closely with your elders or board – e.g. work training into meetings
  3. Start building a NEW team of co-workers
  4. Work out with your co-workers how disciple-making is going to grow in your context – work from what you already have
  5. Run training programs
  6. Keep an eye for those “worth watching” – possible leaders/apprentices

DISCUSSION

1. The information this book presents is somewhat old – those who have been reading the materials from the emergent church – now influencing most traditional churches – have heard this more than once.  However, it remains true.

2. It is somewhat idealistic.  The majority of Christians are struggling to implement their faith in their lives, trying in their way to be witnesses – only a few will be “disciples in missions mode” – however fantastic it sounds.  Also I’m not so sure the Bible really teaches that everyone is a disciple-maker in the way it is sometimes presented: e.g. everyone actively initiating conversations about the gospel, etc. Disciple-making is primarily am injunction to the church corporate.

3. Not so sure that “training” (in our narrow way of “training”) is the “heart” of discipleship – Jesus or the disciples never taught courses, never presented programs.  Relationships were created by Him , and communities – training, mentoring, etc. took place there.

4. I don’t know how culturally attuned this approach is.  It’s as if it presents a more effective way of answering the questions WE want to ask, not those the world asks.  It also is from a rather pronounced evangelical viewpoint, and I sighed on p107 at the sentence: It is fundamentally about preparing souls for death.  It is typical of the evangelical view to make everything about the afterlife, but I really don’t believe that thát is the Biblical emphasis.  The sentence should read: It is fundamentally about preparing souls for life.  Living with God is what it’s all about – transforming people, transforming the world!  That, of course, has eternal consequences.

However, the main thrust is extremely valid.  We REALLY NEED to:

  • Move towards empowerment to all Christians
  • Yes, training, especially relating, mentoring
  • rethink our theological training drastically
  • move from a quantitative to a qualitative emphasis
  • move towards personal relationships, small groups – do quality work with individuals in small contexts over a long period of time THAT’S the (Jesus’) way to go!