I stand amazed (how marvellous) – LW: marvellous kan ook marvelous gespel word, ek het gekyk.
Hierdie is ‘n ou, ou lied wat nou weer baie gesing word, oral in kerke. So ‘n paar jaar terug het ons dit ook baie by Mosaiek gesing. En geen wonder nie, want dit het sulke mooi woorde en ‘n opruiende koor. Dit klink soos ‘n Halleluja-lied (en ek voorspel dat vorentoe baie ou Hallelujas, hymns, gesange, ens. weer uitgehaal en gesing gaan word, en dis ook reg so). Hierdie is ‘n objektiewe lied (oor God), maar dit kan beslis as aanbidding gesing word – ek sou sê aan die begin van die sessie. Ken jy die lied? Hier is die woorde (soos ons dit sing, dit het eintlik baie verse):
Lirieke
I stand amazed in the presence
Of Jesus the Nazarene,
And wonder how He could love me,
A sinner, condemned, unclean.
O how marvelous! O how wonderful!
And my song shall ever be:
O how marvelous! O how wonderful!
Is my Savior’s love for me!
He took my sins and my sorrows,
He made them His very own;
He bore the burden to Calvary,
And suffered and died alone.
O how marvelous! O how wonderful!
And my song shall ever be:
O how marvelous! O how wonderful!
Is my Savior’s love for me!
Gabriel (1905) / Public Domain
Video
Die fraserings op hierdie weergawe is so hier en daar nie soos ons dit gesing het nie, maar wat. Dis ‘n lekkersing, saamsing weergawe met (lyk my) duisende mense wat mens HARD behoort te speel. Country-gevoel en luister na daardie baskitaar… Nee wat, ek gaan nie eers na ander weergawes soek nie – ek hou daarvan!