Monthly Archives: Junie 2014

Beste 100 #94 – When the roll is called up yonder

when the roll

When the roll is called up yonder

Ons sluit ons paar hymns af met hierdie baie bekende een.  Ek het grootgeword met hierdie een – dit gaan eintlik meer oor nostalgie – maar ons het dit in ‘n paar Afrikaanse gedaantes gesing, bv:   Wanneer God’s basuin sal blaas en en tyd sal laaste tik sal slaan…

Toe James Black in 1893 van die Metodistekerk sy Sondagskool se roll call geneem het, was hy so jammer dat Bessie, die dogter van ‘n dronkaard, nie daar was nie.  Hy het gehoop dat sy wel Eendag-daar-bo sal wees as die ewige rol gelees word, n.a.v. Openb 20:12: Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak.  Op pad huis toe was die gedagte in sy kop en het die Here vir hom hierdie lied gegee.  Die woorde en die melodie het net vanself gekom.

Lirieke

When the trumpet of the Lord shall sound, and time shall be no more,
And the morning breaks, eternal, bright and fair;
When the saved of earth shall gather over on the other shore,
And the roll is called up yonder, I’ll be there.

Refrain

When the roll, is called up yon-der,
When the roll, is called up yon-der,
When the roll, is called up yon-der,
When the roll is called up yonder I’ll be there.

On that bright and cloudless morning when the dead in Christ shall rise,
And the glory of His resurrection share;
When His chosen ones shall gather to their home beyond the skies,
And the roll is called up yonder, I’ll be there.

Let us labor for the Master from the dawn till setting sun,
Let us talk of all His wondrous love and care;
Then when all of life is over, and our work on earth is done,
And the roll is called up yonder, I’ll be there.

Video

Die video is van die entoesiastiese klomp Gaithers.  Ek is altyd verbaas om sulke netjiese, skoon, gedoende, white-protestant-Anglo-Saxon, republikeinse, mid-west, Amerikaners saam te sien.  Maar hulle bedoel goed.  Die lied is mooi.

Advertisements

Beste 100 #89 – Nearer my God to Thee

Nearer my God

Nearer my God to Thee

Sarah Flower Adams het hierdie lied in 1841 geskryf, losweg gebaseer op die verhaal van Jakob wat gedroom het van God by Bet-El.  Die wysie waarop ons dit ken word genoem “BETHANY” (jip, ou melodieë het name gehad – en jy kon verskeie liedere daarop sing).  Volgens legende is hierdie lied gespeel terwyl die Titanic gesink het in 1912 – alhoewel ander dit weer ontken (dis in elk geval gebruik vir die 1997 film Titanic, waarin Leonardo di Caprio gespeel het).

Die Engelse lirieke gaan so (eerste vers):

Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!
E’en though it be a cross that raiseth me;
Still all my song shall be nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

Ons het dit natuurlik in Afrikaans gesing as ‘n Hallelujalied (No 290): Nader my God by U, met hierdie woorde:

Nader my God by U, steeds naderby,
al is daar ook ‘n kruis nodig vir my.
Dan sal my lied nog bly: nader my God by U!
Nader my God by U, steeds naderby.

Dis ‘n stadige en meesleurende hymn, met ‘n tipiese opruiende (ek weet nie hoe om dit anders te sê nie) Hallelujalied-koor.  Ja, ons het dit baie gesing.  Voor ons aanddienste het die gemeente Hallelujas gesing, gelei deur ‘n ouderling.  Oom Tolken het bv. dikwels gelei.  Hy het die liedere opgegee en die gemeente opgeroep om “uit volle bors” te sing.  En ons het gesing, hoor.  Nie soos vandag in sommige kerke waar jy net so jou lippe roer nie, maar jy sing nie regtig nie.  As ek soms in die (die bekendste kerk se naam) besoek is ek die enigste een wat regtig sing, dan draai mense om en kyk vir my.  Soms wil ek hulle net wys hoe mens dit moet doen.  Maar die gesange is moeilik, veral as jy hulle kies oor die woorde en nie oor die singbaarheid nie, en almal is boonop te hoog geskryf.  Nee die Hallelujas was pragtig.  Sommige ooms het sommer die tweede stem ook gesing.  Vroeër as ek dit probeer het, het mense ook vir my gekyk 🙂 …

Video

Die Mormon Tabernacle Choir sing dit perfek (alhoewel ek nie weet of Miesies Adams daarvan sou hou dat die Mormone dit so sing nie, maar nou ja wie dit ook al sing, die woorde en die lied bly steeds mooi.)

Dan was dit mos ook deel van die klankbaan van die film Titanic – hier is die mooi snit, met net viole en tjellos. Die eerste fotos op die video laat dit ontsettend, ontsettend hartseer voel.  Ek het dit amper nie ingesluit nie.  Dit word deesdae, dink ek, baie op begrafnisse gespeel.  Dit word in elke geval roerend mooi gespeel.  (Daar is dalk ‘n skets in die video waarvan jy nie heeltemal sal hou nie…).  https://www.youtube.com/watch?v=mCEfqj9pDAI


Mutti

Mutti

Aan Eva le Roux

 

ek mis jou pelsjas in die kerk waarteen ek

gelê het as die diens te lank word

ek mis jou oatspap in die bed as ek siek was

en jy’t nie omgegee as ek uit die skool uit bly nie

ek mis jou onvoorwaardelike ma-wees

ek mis jou Europese kyk jou ander blik op als

hoewel ek soms ‘n hippie vir die Afrikanerkinders was

ek mis jou kuns musiek skryf skilder teken

jou chutzpah stop-hier-ek-wil-van-daardie-blomme-pluk

jou kom-ons-onderneem-‘n-reis ek-gaan-‘n-operette-skryf

dat jy wou hê dat ander ook net “entoesias” sal wees

ja jou liefde vir die Here

en later jou verdraagsaamheid in daardie pyn

wat almal van ons stadig saam gebreek het

en jy sou alles graag so anders wou gehad het

jou lag was dan die son wat skyn in daardie huis

ai altyd beloftes profesieë soek van hulp genesing

ja ek mis jou huis my huis altyd gemütlich machen

amper te laat het ek geleer om jou ‘n druk te gee

ek mis die kans om as volwassenes te deel

en ek wou nog altyd sê: ek is so lief vir jou

want skielik was jy weg en ek mis jou nou

vandag so

 

 

 

 

 

 

 


Beste 100 #88 – My Jesus I love Thee

My Jesus I love Thee

My Jesus, I love Thee

William Featherstone was maar 12 of 16 in 1864 toe hy hierdie mooi woorde geskryf het. Hy het dit na sy tannie gestuur in LA en sy het gekyk of sy dit kan laat publiseer. Adoniram Gordon het die melodie bygeskryf in 1876, waarna dit ‘n bekende hymn geword het.  William is egter dood op 27 en het nooit geweet dat sy gedig soveel mense sou inspireer nie.  Maar is dit nie wonderlik dat ‘n jong man so ‘n groot nalatenskap sou nalaat nie?  Kyk hoe mooi is die woorde:

Lirieke

My Jesus, I love Thee, I know Thou art mine;
For Thee all the follies of sin I resign.
My gracious Redeemer, my Savior art Thou;
If ever I loved Thee, my Jesus, ’tis now.

I love Thee because Thou has first loved me,
And purchased my pardon on Calvary’s tree.
I love Thee for wearing the thorns on Thy brow;
If ever I loved Thee, my Jesus, ’tis now.

I’ll love Thee in life, I will love Thee in death,
And praise Thee as long as Thou lendest me breath;
And say when the death dew lies cold on my brow,
If ever I loved Thee, my Jesus, ’tis now.

In mansions of glory and endless delight,
I’ll ever adore Thee in heaven so bright;
I’ll sing with the glittering crown on my brow;
If ever I loved Thee, my Jesus, ’tis now.

Kyk nou net watter mooi aanbiddingswoorde dit is – so persoonlik en oorgegewe.  Mens sien amper die passie van die tienerjare hierin (en hopelik vryf daardie passie deur hierdie woorde af op ouer generasies). Die woorde If ever I loved Thee, my Jesus ’tis now is nogal moeilik vir die calvinistiese gees in my om te sing, want wie sê dit is nou juis op die oomblik so en al sulke dinge, maar dan weer: as jy werklik so voel, mag jy dit maar so sê, soos mens ook vir jou geliefde sulke dinge sê.  Dit gaan immers nie oor objektiwiteit hier nie, maar oor diep subjektiwiteit. Ons het hierdie lied gewoonlik gesing direk na ‘n ander hymn, maar ek het vergeet watter een – gewoonlik maar verse 1,2 en 4.

Video

Die sanggroep Avalon sing hier – lyk my op die Gaither Show – met pragtige, pragtige harmonieë. Sit die volume op hard…


Beste 100 #87 – It is well with my soul

It is well

It is well with my soul (Oratio Stafford)

Lees bietjie die dramatiese verhaal van hierdie lied – dit klink amper soos Job s’n.

Oratio Stafford was ‘n welvarende prokureur van Chicago in die 1860’s.  In 1870 is hulle seun dood aan skarlakenkoors.  Die volgende jaar het hulle meeste van hul aardse besittings verloor in die groot Chicago Fire.  Twee jaar later het hulle ‘n reis na Engeland beplan, as vakansie maar ook om by die evangelis Dwight L. Moody (‘n vriend van hulle) aan te sluit, wat daar ‘n crusade sou hou.  Oratio is op die laaste oomblik opgehou deur besigheid en het solank sy vrou en vier dogters op die skip Ville de Havre gesit.  Hy sou spoedig op ‘n ander skip volg.  Op 2 Nov 1873 het die Ville de Havre egter gesink, met 226 sterftes, o.a. al vier Oratio se dogters.  Hy het net ‘n telegram van sy vrou, Anna, gekry wat sê “saved alone”. Sy is deur ‘n wonderwerk gered deurdat ‘n plank onder haar bewustelose lyf beland het.

Hy is dadelik agterna. Op die reis daarheen, terwyl hy die dood van al sy kinders sekerlik erg gevoel het, het hy hierdie lied geskryf. Dit praat van vrede ten spyte van watter lot ook al tref, van die aanvalle van die Bose, van sy hulpeloosheid, en die wete dat hy (en sekerlik sy kinders) WEL IS met die Here, wat hom deurdra.  Dan kyk hy vooruit na die blye dag dat die hemele wegrol soos ” a scroll” en die Here hom kom haal.   Erg emosionele woorde dus, en die melodie pas daarby.

Daarna het hulle nog drie kinders gehad, maar nog een is dood.  Hulle eie kerk het gesê dis alles God se straf op hulle, waarop hulle besluit het om dan nou nie langer Presbiteriane te wees nie (ek blameer hulle nie) en hulle eie Messiaanse groep te stig.  In 1881 is hulle na Jerusalem waar hulle die  “American Colony” gestig het.  Hulle het die res van hulle lewe daar vir alle mense gedien, Jode, Moslems, Christene, ens. deur sopkombuise, hospitale, weeshuise, ens.  Dis soos jou lewe verander na so ‘n verlies.  Stafford is daar dood in 1888 en die American Colony is tans ‘n hotel.

Lirieke

When peace, like a river, attendeth my way,
When sorrows like sea billows roll;
Whatever my lot, Thou hast taught me to say,
It is well, it is well with my soul.

Refrain:
It is well (it is well), with my soul (with my soul),
It is well, it is well with my soul!

Though Satan should buffet, though trials should come,
Let this blest assurance control,
That Christ hath regarded my helpless estate,
And hath shed His own blood for my soul.

My sin, oh the bliss of this glorious thought!
My sin, not in part but the whole,
Is nailed to His cross, and I bear it no more,
Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!

And Lord haste the day, when the faith shall be sight,
The clouds be rolled back as a scroll;
The trump shall resound, and the Lord shall descend,
Even so, it is well with my soul.

Ek is mal oor hierdie lied!  Wonderlike woorde en so ‘n mooi, opruiende koor.  Ek is jammer, maar die trane loop sommer.  Wat ‘n pragtige worship-lied.  Hou op om te dink die ouer hymns is nie goed of wat ook al nie!  Nie modern of with-it nie…  Hierdie liedere het die toets van die tyd deurstaan – meeste moderne liedere kom en dan gaan hulle weer na ‘n paar jaar – totaal vergete…

Video

Hier is ‘n mooi weergawe waar Brian Doerksen sing, met ‘n pragtige harmonie met ‘n mans- en vrouestem.  Beautiful

(Daar is nog ‘n weergawe as jy wil luister – daar is eintlik 100e en ek kon nie die een kry met ‘n harde rock klank, soos ek daarvan hou nie – hierdie een is ‘n koorweergawe, ‘n gemeente wat sing.  Die stemme is ook mooi.): https://www.youtube.com/watch?v=AHe_qmo3gX4

 


Beste 100 #85 – Holy, holy, holy (Nicaea)

Holy

Holy, Holy, Holy (Lord God Almighty)

Die woorde van hierdie mooi hymn – waarvoor ek ook so lief is – is van Reginald Heber, 1826, ‘n Anglikaanse vicar en komponis, wat die lied spesifiek geskryf het vir Trinity Sunday, die eerste Sondag na Pinkster.  Die musiek is geskryf deur John B. Dykes (die melodie se naam is NICAEA), spesifiek vir hierdie woorde. Die lied is uitgegee in 1861 – 100 jaar voor my geboorte, nie dat dit enige-iets beteken nie.  Een van die gunsteling gesange van die kerk, en met rede – ek hou van:  Early in the morning my song shall rise to Thee…

Lirieke

    Holy, holy, holy! Lord God Almighty!
    Early in the morning our song shall rise to Thee;
    Holy, holy, holy, merciful and mighty!
    God in three Persons, blessed Trinity!

    Holy, holy, holy! All the saints adore Thee,
    Casting down their golden crowns around the glassy sea;
    Cherubim and seraphim falling down before Thee,
    Who was, and is, and evermore shall be.

    Holy, holy, holy! Lord God Almighty!
    All Thy works shall praise Thy Name, in earth, and sky, and sea;
    Holy, holy, holy; merciful and mighty!
    God in three Persons, blessed Trinity!

Ons sing dit mos in Afrikaans (Lied 169), met hierdie mooi woorde:

Heilig, heilig, heilig, Heer God almagtig,
groot is u troon, U is steeds met lof omring!
Heilig, heilig, heilig, liefderyk, genadig –
u troon is steeds met lig en lof omring!
en so aan…

Video

Amper gee ek jou die Mormoonse Tabernakelkoor se video , wat dit nogal baie korrek doen, maar toe ontdek ek Keith Green (van Oh Lord, You’re Beautiful – my BESTE LIED OOIT, onthou?  Top 20 #15) se weergaweDis PERFEK – as worship lied, nie net as koorstuk nie, met gevoel gesing, persoonlik en uit die hart uit bedoel.  Ek is so bly ek het dit ontdek!  Dit kom dadelik in my worship-musiek lêer op my rekenaar (ek
laai mos die mp3 apart af via http://www.youtube-mp3.org, jy kan ook).  Hier is dit.


Beste 100 #83 – Guide me, o Thou great Jehova

Guide me oh

Guide me, o Thou great Jehova

Hulle sê al die Walliese mans doen twee dinge, en jy kan vir enige Wallieser vra (1) Vir watter rugby-span speel jy? en (2) In watter koor sing jy?  Ja, die Walliese mannekore is legendaries en hulle Nr. 1 gunstelinglied is hierdie een.  Dis amper soos Wallis se nie-amptelike volkslied.  En ja, hulle sing hierdie lied in die pawiljoene by die rugby.  Dis ‘n feit – vra maar die wat weet.

Die woorde is geskryf deur William Williams (1717-1791) – ‘n Wallieser wat tot bekering gekom het in die Metodistiese herlewing en ook by hulle in die bediening gegaan het.  Hy het dit eers in Wallies geskryf – in 1771 is dit in Engels vertaal.  Die wysie word genoem CWM RHONDDA – weet nie hoekom nie, mos gesê die ou melodieë het name.  Dit lyk Wallies vir my. Hier is die  woorde:

Lirieke

Guide me, O thou great Jehovah,
    Pilgrim through this barren land;
    I am weak, but thou art mighty;
    Hold me with thy powerful hand:
    Bread of heaven,
    Feed me till I want no more.

    Open now the crystal fountain
    Whence the healing stream doth flow;
    Let the fire and cloudy pillar
    Lead me all my journey through:
    Strong deliverer,
    Be thou still my strength and shield.

    When I tread the verge of Jordan,
    Bid my anxious fears subside;
    Death of deaths, and hell’s destruction,
    Land me safe on Canaan’s side:
    Songs of praises,
    I will ever give to thee.

Die lied is aan die een kant so ‘n kragtige en sterk hymn, en aan die ander kant so opruiend en persoonlik.  Wat ‘n sterk koor: Bread of heaven, bread of heaven – feed me till I want no more… ‘n Pragtige, sterk aanbiddingslied.  Die lied gee my hoendervleis – dis pragtig!

Ons sing dit mos ook in Afrikaans.  Dis in die Liedboek (280) as Here, Redder, groot en magtig… die koor eindig ook so mooi: U het ook my hand kom vat… U het ook my hand kom vat.

Video

‘n Pragtige, kort en kragtige weergawe van hierdie lied in ‘n Walliese Kerk, met die laaste koor in Wallies.  Dis nou nie vreeslike charismatiese lidmate nie, maar wat – hulle is opreg.  Dit kom uit die hart.  Veral sommige.  Mooi kerk!

(As jy wil sien hoe die Engelse queen, Prins Philip, Prins William, hertogin Catherine, Prins Harry, Prins Charles, iets Camilla, Elton John (ook ‘n groot queen), nog prinse en prinsesse, dukes, earls, counts, barons en gewone sirs, nog adel en hoogeplaastes op die “royal wedding” dit sing – ongelukkig lyk hulle super verveeld – kyk maar hier:  https://www.youtube.com/watch?v=SwvpTl88jwI )