Monthly Archives: Julie 2014

Braam Hanekom – Vra God te veel?

6Braam Hanekom – Vra God te veel (CUM, 2014) Ek dink ek het dr Braam ontmoet toe ons die moderatuur van die NGK ontmoet het een jaar in Zikomo, Strand. Hy het natuurlik nie ‘n clue wie ek is nie, ek speel nie naastenby in sy ligas nie. Dit maak nie saak nie… ek het groot respek. Ek het nou hierdie boek van hom gelees. Ag… dis nou nie ‘n diep werk of iets nie, dis ‘n samevoeging/inbundeling van godsdiens-rubrieke wat hy vir die Burger of die Beeld geskryf het, korterige stukkies wat losweg aanknoop by die gebeure van die jaar 2010-2011, lyk my, want dit gaan verskeie kere oor die sokker wêreldbeker hier in SA. En dit was mos nou al weer Wêreldbeker, met ‘n fantastiese wen-goal deur Götze vir Duitsland, na hulle legendariese oorwinning 7-1 oor Brasilië. Anyway, ek gaan nie kritiek lewer op die boek nie, so ‘n boek lê nog vir myself ook voor, hopelik – daar word gepraat in die rigting van Dieper Water (Lééf Tydskrif – dalk volgende jaar, hang seker maar af van baie dinge) en ek is wel bly dat my temas nie so aan die dag se gebeure gekoppel is nie. Aan die pluskant het ek nogal ‘n paar oortjies in die hoeke van die blaaie gemaak sodat ek kan terugkeer na ‘n paar pittige aanhalings, statistieke en of insigte. Dankie!

Advertisements

Jamieson – Journeying in Faith

imageJourneying in Faith – Alan Jamieson (2004, SPCK)
Jamieson is ‘n pre’kant daar in Nieu Zeeland by die Baptiste en stel belang in die eksodus van Christene uit die kerk, let wel nie teruggevalle Christene nie, maar aktiewe Christene.  Deesdae is Christenskap mos alive and well outside the Church en ek en jy is deel van die probleem, né, want EK verskaf ‘n “alternatiewe” Christelike boodskap via internet en JY lees dit, buite jou kerk se strukture om. Vandag is daar mos ‘n pletora van Christelike boekwinkels, radio en TV, webtuistes, parakerklike organisasies, huisgroepies, ens. Het nie meer die kerk nodig om kind van God te wees nie, baie dankie meneer… Dis maar wat gebeur. Dis iets waarmee die kerk moet deel.  My eie gevoel is eenvoudig dat die definisie van kerk maar net moet verruim, want ook hierdie is kerk; wat bedoel word is eerder ‘n eksodus uit die “georganiseerde kerk” of “tradisionele kerk”.

Ek het ‘n opsomming van Jamieson se eerste boek, A Churchless Faith, gevind en op my blog gesit – jy kan dit eers lees as jy wil (kliek hier). Ek beskou dit as ‘n baie belangrike tema.  Hierdie boek som ek baie kortliks soos volg op:

1. Finding our way

Daar is mense in ons kerke wat disenchanted voel, disillusioned, disengaged, ens. Hulle verlaat die kerk eers innerlik, dan uiterlik. Die boek is vir hulle geskryf, asook diegene wat hulle wil begelei. Jesus los immers die 99 en soek die afgedwaalde een.  Maar die kerk het min begrip vir die verskynsel en beskryf dit bloot as sekularisasie, of afgedwaaldheid, louheid. Die skrywer verwys graag na Paul Ricoeur, wat gepraat het daarvan dat ons na ‘n woestyntyd “weer geroep” kan word – terug na die geloof toe, alhoewel nooit na presies dieselfde styl van geloof nie. Die dekonstruksie van die geloof maak ruimte vir iets nuuts.

2. Thriving in and beyond the desert

Die Bybel het ‘n ryk tradisie van die woestyn as geloofservaring, en die ou kerke maak baie daarvan, maar die EPC kerke  (evangelical, pentecostal, charismatic) ken dit nie eintlik nie. Mense beleef egter die volgende in die geestelike woestyn: afstand van God, verloor die ou landmarks of the faith, gebed en Bybellees voel koud, geestelike gesprekke raak irriterend, word bewus van eie mislukking, ‘n gevoel dat jy net deur die kerk se motions gaan, ‘n gevoel dat jy nie meer by die kerk inpas nie, ‘n gevoel van verlies oor jou eertydse geloof, ‘n gevoel van paniek en die behoefte om iemand te blameer. Jamieson verwys na Christian mystic John Donne, oor die woestynervaring. Hy deel oor die vrae: Hoekom het dit gebeur? Hoe moet ek hier leef? Die woestyn se leerervarings is teen-intuïtief: groei vind plaas op die moeiliker and pynliker plekke. Wat mense in hul woestyntyd nodig het, is ‘n veilige ruimte, validasie, vriendskap, ens. Die woestyn doen vir ons goeie dinge: dit maak ons volwasse, dit bring valsheid aan die lig, dit baar egtheid, dit verhelder prioriteite en dit suiwer begeertes uit. Dit maak ons stil, dit lei tot letting go (and letting God)

3.Seeing in and beyond the dark

Ricoeur praat van die “realiteitsknoop” – die vasknoop  van jou wanhoop en twyfel aan jou hop en geloof. Beide is realiteite in jou lewe. In die knoop word beide erken, gehou en word die paradoks bewaar. Hierdie paradoks vra ‘n post-kritiese geloof, ‘n tweede naïwiteit. Die eerste naïewe geloof kan nie ‘n paradoks dra nie.  Die paradoks bied egter hoop juis omdat dit ons despair erken – nie ontken nie.  Dit is meer rieel. Dit laat nie vir God los nie, en dit laat ook nie die realiteit los nie. Dit behou die geloof, maar op ‘n minder dogmatiese manier. Verder deel hy oor die “donker nag van die siel” van Johannes van die Kruis.  Selfs in die donker nag kan die sterre (wat van baie ver kom – God se  Woord en werke) net genoeg lig gee om die pad te onderskei.

4. Questions in and beyond answers

Mense vra vrae, maar die kerk is nie die plek om vrae te vra nie. Die kerk het wel antwoorde, maar slegs op die geloofsvrae van die verlede. As jy ander vrae vra, is jy buite die geloof en die kerk. Dis egter juis die basiese van die geloof waaroor mense wil vra – nie die periferele nie.  Vraers gaan gewoonlik in een van twee rigtings: terug na dogmatisme, of vooruit in reaksionisme (om alles te laat vaar, selfs na “fundamentalistiese ateïsme”. Die derde weg is egter om met die vrae eerlik te deel binne in die konteks van geloof. Dikwels beweeg ons in misterie in om ons geloof te bewaar, in die afwesigheid van antwoorde (wat nie altyd daar sal wees nie).  Mense is OF rule-keepers OF people of mystery.

5. Truth in and beyond myth

Hoe om die Bybel te verstaan? Een manier is letterlike toepassing (bv. ook van die OT).  “People prefer the security of false truth above the freedom of truthful ambiguity” (Erich Fromm). Tolkien het  CS Lewis oortuig dat mite wesenlike waarheid bevat – nie leuen nie. Mite as sulks sê niks oor historisiteit nie, trouens dit kan op werklike gebeure staan en is in alle geval bedoel om die waarheid te verpak en oor te dra. As daar dan mitologiese elemente in die Bybel is (en mens dink aan Gen 1-11), dra dit waarheid oor waarsonder die Bybel nie die Bybel kan wees nie.

6. Prayer in and beyond words

Geykte vorme van gebed is vir sommige mense ‘n teleurstelling: sommige voel net nie die “konneksie” wat ander voel nie, en ander voel beloftes word gemaak (van gebed en gebedsverhoring) wat nie nagekom kan word nie.  Vir baie funksioneer gebed later anders: gebed as luister, gebed as stilwees by God, gebed as ‘n lewenshouding, gebed as ‘n voortgaande gesprek, ens. Ek hou van Luther se aanhaling dat die vloeke van ‘n goddelose vir God meer aanvaar kan wees as die hallelujas van ‘n vrome. Soms is eg. immers baie meer opreg… Jamieson vergelyk gebed met intimiteit, liefde en soen, maar hy maak ‘n fout as hy sê Jesus sê in Luk 7:45 dat Petrus Hom nie gesoen het nie – dit was Simon die Fariseër. Ons moet weer in die tuin met God leer wandel. Vrees moet ons nie keer nie. Die letterlike tuin of natuur kan baie help. Die donkerte is juis die plek waar ons – na ons oë aangepas het – God die beste kan aanvoel.

7. Alleluia in and beyond agony and absence

Sommige voel erg teleurgestel in hulle geloof, en in God. Hy haal ‘n vrou aan wie se vriend selfmoord gepleeg het – terwyl sy spesifiek die Here gevra het om hom te help. So ‘n geloofskrisis word slegs benader deur die besef dat God self kom ly het. Die kruis is al troos. Dietrich Bonhoeffer het in sy tyd van marteling geskryf: “net ‘n lydende God sal doen”.

8. Growth and grace in and beyond failure

Deur die bank is al die geloofshelde van Heb 11 ook vol foute en gebreke. Dis verbasend hoe eerlik die Skrif dit beskryf. Dit laat ons verstaan dat ons met hulle kan identifiseer, maar ook dat ons eerlik met ons mislukkings moet werk. Daar is verskeie soorte mislukkings wat mense beleef, bv. die mis van doelwitte of die teleurstelling van gevalle leiers. Hy haal die voorbeeld aan van sendelinge wat totaal misluk het op die veld, na baie jare – en omtrent hulle geloof verloor het. Die kerk help ook nie baie nie. Daar is geen teologie of praktyk van mislukking nie. Mislukking word eers ignoreer en later verkeerd hanteer, bv. deur van iemand ‘n sondebok te maak. Die evangelie gaan egter oor genade, wat ons totaal mis. Jamieson bespreek hoe Jesus Petrus se mislukking hanteer daar op die strand. Hy begin mooi met “kom eet”… Dan roep Hy hom weer – a second call – VANUIT sy mislukking, en stel Hom aan.

9. Trust in and beyond suspicion

Dis snaaks dat leiers wat geval het gewoonlik nie genoem word (in hul navorsing) as redes waarom mense die kerk verlaat nie, eerder die hantering daarvan. Ons moet dus leer om sulke dinge reg te hanteer: met groot eerlikheid en regverdigheid. Leiers wat geval het, het wel invloed uitgeoefen in die sin dat dit mense laat herbesin oor hulle geloof. Persoonlike teleurstellings, soos om God te vertrou met een enkele belangrikste saak, en dit dan nie te sien gebeur nie, is veel meer vernietigend vir die geloof. Die kerk word nie beleef as ‘n plek waar antwoorde op sulke vrae gegee word nie. Persone wat daarmee worstel word uit die kerk gedwing.  James Fowler se ses vlakke van geloof is belangrik in die verband. Let op:

  • sy vlakke is die gevolg van teologiese en sosiologiese navorsing
  • alle vlakke is ewe geldig
  • alle vlakke het voordele en nadele
  • (‘n vorige vlak het min begrip vir ‘n volgende vlak en beskou sigself as genoegsaam)
  • beweging na volgende vlakke behels ‘n krisis
  • beweging na volgende vlakke behels ‘n nuwe blik op (1) hoe ons dink, (2) hoe ons ander verstaan, (3) hoe ons morele oordele vel, (4) hoe ons mense insluit by die geloof, (5) hoe ons gesagsfigure se aansprake beoordeel, (6) hoe ons wêreldbeeld lyk, (7) hoe ons simbole interpreteer.

Die vlakke is soos volg:

VLAK EEN: Onskuld
Voorskoolse kinders se wêreld is ‘n mengsel van losstaande belewinge en fantasie.
VLAK TWEE: Letterlikheid
Vanaf skoolgaande ouderdom word geloofsdinge eenvoudig as letterlik en konkreet beleef en daarby volstaan. Baie volwassenes is ook in hierdie vlak. Die voordeel is sekuriteit.
VLAK DRIE: Lojaliteit
Om te behoort is vir die meeste van groot belang en hulle glo eenvoudig soos die meerderheid. Gemeentewees en gemeentedoen is voldoende vir ‘n bevredigende geloofslewe.
VLAK VIER: Kritiek
Iets (ook nadenke, groei) gebeur wat vrae ontlok. Bestaande geloof word herbesoek en herbedink. Aangesien die kerk nie hierop kan antwoord nie (die kerk funksioneer ten beste in fase 3), word die band met die kerk verswak.
VLAK VYF: Dieper sien (“the Seer”)
Sommige verlaat die geloof heeltemal maar ander keer terug na ‘n ruimer geloof, van aanvaarding van die polariteite, misterie, paradoks en kompleksiteit. So een gaan ook oop vir die waarheid wat hy elders (ander Christene en ander gelowe bemerk). Hy kom by ‘n oorkoepelende persoonlike geloof, wat gewoonlik die grense van “tradisionele geloof” oorskry. Die verhouding met die tradisionele kerk bly dus kompleks. Deel van die proses is (1) ‘n groei in egosterkte, en (2) ‘n vrywillige prysgawe van verstaan. Fowler glo dat hierdie vlak eers in die middeljare bereik word en net deur sommige.
VLAK SES Heiligheid (“the Saint”)
So ‘n persoon (ouer as 60) oorkom die self en leef  vir ander en aanvaar God as totale gesag in die lewe. Min mense is werklik hier.

Die betekenis van Fowler se vlakke is geweldig, want dit sê dat mense die kerk  verlaat om geestelik te kan groei, en dat die kerk net mense tot op ‘n punt kan help. Dis natuurlik die waarheid, want leraars kan mense maar net neem tot waar hulle is en baie is nie geestelik baie ver nie (tsv wat se kwalifikasies).

11. Commitment to people in and beyond mission

Dit gaan grootliks oor Petrus se tweede roeping daar langs die see, waar hy sy eerste roeping beleef het – daar by die vuur, soos die vuur waar hy laas nog sy geloof en Meester verloën het. Elke Bybelse held, bv. Abraham, Moses, Dawid, Job, Jeremia moes deur hulle mislukking kom en ‘n nuwe vertroue vanaf die Here ontvang. Jamieson vertel die mooi Joodse verhaal van die vraag wat die studente aan die Meester gevra het oor presies wanneer die nag ophou en die dag begin – is dit dalk wanneer jy op ‘n afstand kan onderskei of dit ‘n hond of ‘n skaap is? Die meester sê toe nee, dis as jy in iemand se gesig kyk en daar genoeg lig is om hom of haar as jou broer of suster te eien. Tot op daardie punt is dit nog nag.

12. Belonging in and beyond the church

Die laaste hoofstuk gaan grootliks oor die groepe waartoe baie (65%) persone wat die kerk verlaat by aansluit – klein groepies van mede-soekers en mede-vraers. Sulke groepe is wesenlik vir die groei van mense wat die kerk verlaat se groei – meer so as wat Jamieson eers bevind het. Hy haal ‘n voorbeeld aan van so ‘n groep deur ‘n rooskleurige glas, daar is ewe pragtige groepe in gewone kerke, alhoewel natuurlik nie groepe waarin enige vraag welkom is en almal, ook ongelowiges, EWE tuis voel nie. En dis natuurlik die doel van die groep. Hy noem ook die nadele van sulke groepe – en dit is gewoonlik rigtingloosheid of leierloosheid. Die voordeel is natuurlik community – die grootste ding wat kerkverlaters mis.

Hierdie boek is wesenlik belangrik, want dit deel met ‘n feit waarmee die kerk nie sommer deel nie, en dis ‘n feit wat al hoe meer ‘n feit word… Ek is baie verbaas dat Jamieson nie die term emerging of emergent gebruik nie, want wat hy beskryf is DIT. Die emergent beweging het ‘n volume werk gelewer wat al hierdie temas goed dek en meer. Dalk is hy bewus van die slegte pers wat die emergent ouens kry (presies hoekom weet ek nie), en vermy hy net die woord. Die feit is egter dat as die emergent-ding nie gaan werk nie, die kerk in groot moeilikheid is. Dan is ons nie reg vir die toekoms wat so onverbiddelik op pad is nie. Gelukkig beïnvloed die “opkomende” kerk die tradisionele kerk reeds op elke terrein, en dalk is dit sy hoofrol. Ons praat natuurlik van die Westerse Kerk.


Alan Jamieson – A Churchless Faith

4100SRE7FFL._SY445_

Alan Jamieson : A Churchless Faith – faith journeys beyond the churches (2002, SPCK)

Ek het nie hierdie boek gelees nie, maar publiseer ‘n opsomming wat ek hier gekry het: http://www.alisonmorgan.co.uk/Jamieson%202002.htm. Die rede is omdat ek dink dat dit BAIE BELANGRIK IS. Christene verlaat die kerk dikwels en die kerk het GEEN STRATEGIE in die verband nie.

1. Face to face with those who leave

Lots of case studies in the book, interviews. Most leavers form a small group with others, and continue their journey together; but they don’t regard this as church. Brierley: ‘The country is littered with people who used to go to church but no longer do. We could well bleed to death.’

EPC churches are growing rapidly worldwide; but in the West they have a back door as wide open as the front door, with people leaving all the time. Need to understand who and why.

Most adult leavers are in 30s and 40s, married, employed, children. Most have held key leadership positions in their churches. Most continue in their Christian faith.

2. EPC churches

Many young people join house churches, with a freedom which fits in with their postmodern culture; but when they grow the parent church suggests more structure is needed, with formal leaderships, pastors.Fundamental convictions of EPC churches : scripture; Christ as saviour of sinful humanity; HS; conversion; evangelism; community. Reduced focus on issues of social justice, political concerns, ongoing development of an individual’s faith beyond conversion and early discipleship. New worship forms show shift away from a focus on church of history and God of eternity to a focus on the needs, watns and concerns of the individual member – reflecting the individualism of society. They draw in young people and focus on church growth. Willow Creek is the largest church in the US, and the leading example of an EPC church.

NB no such thing as a churchless faith; all followers of Christ are by definition part of the church.

3. The leaving process

Most leave gradually. Doubts, seeking alternatives, negotiating turning points, developing new sense of identity are all stages of leaving. Doubts can be triggered by changing life circumstances, contact with different worldviews; takes form of disenchantment with the whole package of church. People seek alternatives, feeling they no longer fit in, feeling their growing edge is foreign to the concerns and focus of their church community, feeling in a vacuum. Eventually they make a firm decision to leave. Pastors mostly completely fail to understand the process they are going through, and see leaving as to do with the pressures of society – new leisure opportunities, women working, work demands. Leavers say no; they focus on the church structure and leadership as the reason for leaving.

4.Disillusioned followers (group one)

Angry/hurt leavers. Charismatic churches which went with experience over scripture; autocratic leaders; lack of support during personal/family crisis. These are 17% of the leavers. They stick firmly to their faith, without really wanting to change or question it. They avoid the institutional church but continue involvement with parachurch events/organisations, TV broadcasts, tapes, books.

5. Reflective exiles (group two)

This group grumbles not at the specifics of their EPC churches but at the foundations of them; ‘meta-grumbles’. They question the function, role, place of church itself; the core beliefs, values and expected behaviours. It isn’t OK to do this; it tends to threaten the foundations of the community itself. These people see good in what the church is doing, but feel constricted. They leave, and react against what constricted them – often chucking the baby out with the bathwater. They are no longer satisfied by simplistic solutions, and are conscious of realities that previous certainties failed to incorporate. Their pushing away from anything which reminds them of church often leaves them without the resources they need to navigate beyond their present faith position. 30% leavers.

6. Transitional explorers (group three)

This group focus on finding a new way forward. Often this means finding a way of incorporating not just thinking but feeling into their faith, belonging to a group which allows questioning and exploration of feeling – why do you feel the way you do? Often means taking on wider Christian traditions than typical of EPC churchmanship. A small minority end up moving to other faiths – those who lack a clear personal experience of God at work in their lives. 18% of leavers.

7. Integrated wayfinders (group four)

Perception that EPC faith is scriptural but lacking in compassion. These people ground their faith on examined personal experience. They accept that other traditions and faiths also embrace truth, in contrast to narrow faith of disillusioned followers. They seek to integrate their faith into all aspects of their lives. They recover the desire to support and give to others. They suggest that EPC churches are strong on evangelism but weak iin their emphasis on faith maturation; members remain children, dependent on leaders. 27% leavers.

8. Bringing it all together

Analogy : person joins swimming club, learns to swim at beach by going every Sunday morning. Gets a lot out of it. One day wants to explore beyond the blue flags; not allowed to. Swimming becomes less exciting and fulfilling; end up leaving the club. Not that they aren’t grateful for what they learned; just that now they need to move on, and there’s no scope for that within the club.Fowler and Faith Development. EPC churches cut selves off from Catholic spiritual directors and concepts of faith as a journey. Leads to reduced understanding of the need for faith development. Leavers see moving on as the next step; as a progression, not an abandonment. Classical Catholic writings help us understand this as a normal part of the Christian life.

Fowler (Stages of Faith) identifies 6 stages in the faith journey:

1. The innocent (intuitive/projective) : preschool children, faith understood through family experience

2. The literalist : age 6+, interpreting Bible stories literally

3. The loyalist (synthetic/conventional) : individual tuned to the expectations and judgements of significant others. About belonging, external authority. Most common stage in church members. Often accompanied by dualistic understandings: good/bad, sacred/secular, saved/unsaved.

4. The critic (individuative-reflective) : hardest transition; emergence of sense of self that will stand out against the significant others of the past. Reassessment of everything received, trust in own perception, symbols and rituals not helpful; self-sufficiency, chafing against a leadership structure that requires them to be dependent.

5. The seer (conjunctive) : embracing the contradictory. Four hallmarks:

   1. Awareness of need to hold together polarities in one’s life, eg masculine-feminine, old-young

   2. Felt sense that truth is more multiform and complex than previously apprehended; learning to live with ambiguity, mystery, wonder, irrationalities

   3. Second naivety, readiness to take on reality in new way

   4. Openness to truths of traditions and communities other than one’s own (coupled with committed belief)

People at this stage love mysery and relish the vastness of the unknown; identify with perspectives other than their own. Their faith is nurtured by the faith of parents, significant leaders, writers and the lives of others, but it is their own compilation, and deeply held.

6. The saint (universalizing) : better described through poetry than by definitions. 2 major transitions – removal of self from the centre, and complete acceptance of authority of God in all aspects of life. Stage reached by very few people, and none before age 60.

People leave churches for 3 reasons:

            –  internal desire to move beyond faith stage already reached

            – external context that is able to sponsor the desire of the individual

            – being part of a church which discourages people from exploring the faith stages that their own internal desire and external context are fostering.Living in a postmodern society increasingly acts as a trigger to encourage people to move to the later stages of faith development; postmodernism doesn’t do stage 3 (conformity). It is open to doubt, questions, willingness to critique, ability to see truth as complex.

So. Group 1 (disillusioned followers) are in Fowler’s stage 3. Group 2 (reflective exiles) are between 3 and 4. Group 3 (transitional explorers) are in stage 4. Group 4 (integrated wayfinders) are in group 5. Only 1.6% of people reach group 6, all over 60.

9. Jumping ship – making your own way

Analogy of leaving the cruise liner. Some left standing on the quay, helpless. Others travel on, finding own way.It isn’t that church is changing but that they are; it isn’t the time for them to change the church. What they need most is to be told where they are at is normal. They are refining and redefining their relationship with God.

Some churches support potential leavers – by encouraging them to come or not come, feel free to take space; and by asking them to use the time in other ways that nurture their faith, doing new things. To appoint a mentor is also helpful.

 Many experience a tough transition, esp before stage 5. Like a wall, a dark night of the soul, in which we have to decide again whether we are willing to surrender and let God direct our lives. Yet it brings as rich an encounter of God as life offers.

The journey through the wall has 4 phases:

 1. Awareness: of shadow sides and hidden parts, finding out who we are, as opposed to who we would like to be or who others say we are

 2. Forgiveness: of selves and others; new encounter with grace and forgiveness of God

 3. A new acceptance of ourselves, an embracing and compassionate holding of our own humanness, failure, sexuality; celebrating the full range of our humanness – clown, devil, frightened child, wicked witch, lonely lover, intellectual snob, overachiever, arrogant elitist, insecure boy/girl, outlandish dresser, attention-seeker, fool, risk-taker, addicted one, beauty queen, perfectionist

4. A new emergence of love, for God, selves, others. It is a love rooted in self-knowledge and the knowledge of the encounter of God with us; it realises that evil and sin can lie in us all and yet that we can be loved. It differs profoundly from what we have known before; and is a knowledge founded on deep inner transformation. Because of this transformation, the journeyer is increasingly able to love others.

 Result: a new encounter with God, life- and faith-defining. This is what happened to Job. God turns out to be bigger than he had previously appreciated. And with this humbling comes a softening within him. It brings a deep awareness of the reality of God, of God’s order, measure and beauty in all things; an awareness which is at the same time soft, humble and open to the needs of others. The journey through the wall leads to tremendous gains: a softening of our personality and faith, which incorporates a greater acceptance of our own humanity and allows us to accept the humanity of others. A new acceptance of others that can look past their behaviour and shadow sides and accept them with all the insecurities, fears and ambitions that motivate them. A place of deep forgiveness, a new openness and depth of connection with others, a new energy for giving and forgiving, a new desire to connect with others who are different from ourselves.

10. Leaver sensitive churches

Often EPC churches are confused/threatened by people’s desire to leave. Ez 34, Mt 18 on following lost sheep. They don’t. But churches need the leavers – their experience, time, skills, efforts, wallets; they tell their stories to others, they take their children with them (who aren’t at that faith stage and still need structure). Churches need to be leaver-sensitive as well as seeker-sensitive. Churches need to:

   1. provide places for people to explore, question, doubt

   2. provide a theology of journey

   3. provide resources for people in dark places

   4. provide models of other theological understandings

   5. provide models of an honest Christian life which don’t just consist of ‘shoulds’ (many EPC churches offer weekly diet of shoulds, which rarely correspond to the reality of the people’s actual Christian lives)

   6. provide room for emotions and intuitions

   7. understand the leaving process and pick up the clues that people are going through a faith struggle early

11. Searching for a place to belong

 Most leavers get themselves into some kind of group of likeminded people, post-church groups which provide a forum to discuss topics and issues not normally up for discussion in EPC churches. They are effectively looking for new ways of being church. Like most of society, they reject a metanarrative that provides certainty, coherence, completeness. Emerging church in the West includes high priority on relationships (so has to be small), focus on what is honest and real, desire for minimal structures, rented rather than owned buildings. Yet EPC churches are built on the opposite. Need to watch out!The leavers themselves are unaware of the extent to which what fits their needs alienates others from different faith stages – including their children, non-Christians, young people. People have to start with earlier stages, they can’t jump. 

 


Klaus Nürnberger – Die Bybel

klausKlaus Nürnberger – DIE BYBEL.  Verantwoordelik lees is krities lees (Lux Verbi, 2009).

Die boek van Klaus Nürnberger, afgetrede professor in Bybelkunde (lyk my) van die Universiteit van KZN, het my nogal verbaas.  Aan die een kant is hy ‘n wetenskaplike wat sommer van huis uit stel dat die moderne mens geen wonder aanvaar nie en dat die dinge wat in die Bybel beskryf word as wonders nie werklik egtig gebeur het nie.  Hy sê sommer: Kom ons wees nou eerlik, het die son stilgestaan, het Petrus op die water geloop, word dooie mense wat al ruik sommer weer lewendig?  Die eerste deel van die verbasing is dus dat Lux Verbi, wat die boek uitgee (dis duidelik nie ‘n “CUM-boek” nie) dit ‘n “verfrissende eerlike” boek noem wat by die “misverstande van Bybelllees verbybeweeg” en so aan (op hulle webwerf).  Lux Verbi – as ek reg onthou – was mos eers NGK Uitgewers.  Ek glo wel hulle is nou ‘n onafhanklike uitgewery, dalk spesialiseer hulle in teologiese boeke.

Laat ek net eers sê ek dink die kwessie van wonders word te eenvoudig hanteer by Bybelkundiges en sommer wetenskaplikes oor die algemeen.  Eerstens kan ons nie glo aan ‘n almagtige God en dan in beginsel uitsluit dat hy ooit iets almagtigs doen nie.  Dit maak net nie sin nie.  Dan moet ons wonders beter verstaandaar is beslis objektiewe wonders, m.a.w. dit wat deur wetenskaplikes ens. nie verklaar kan word nie (en dit gebeur wel), en daar is subjektiewe wonders, dit wat deur die individu as ‘n onbetwisbare wonder beleef word, alhoewel ander dit dalk nie so beleef nie. Hulle mag dalk dink dit is maar toeval, suggestie, die krag van geloof of spontane remissie  – maar wat noem jy dit as die spontane remissie direk na ‘n gebed kom?  Die wonderlike in die  wêreld is beslis iets waarmee meer gereken moet word.

Die ander kant van my verbasing is dat Klaus inderdaad ‘n hart het vir God se werk in die wêreld en vir die Bybel se relevansie. Hy glo inderdaad dat mense die kerk en die geloof verlaat a.g.v. hulle moderne lewensbeskouing en dat dit onnodig is.  Hy wil dit aanspreek en regstel, en ek noem net ‘n paar dinge:

  • dis vir hom duidelik dat die Bybel gevorm is in die antieke tyd en dat dit reeds in die Bybel self verskeie hernuwings ondergaan het.  Jesus het bv. heelwat veranderinge in denke en etiek aangebring en sommer wette afgeskaf en nuwes in hulle plek gestel (dink aan die oog vir ‘n oog).  Ook Paulus het met radikale nuwe insigte gekom. Telkens kan mens sien hoe dit inpas in hulle kultuur – eers die heel primitiewe kulture van oorlewing en mag, dan die Wet van Moses wat orde en geregtigheid gebring het, dan die korreksies van die profete en van Jesus, en ten slotte Paulus se interpretasie van wat Jesus kom doen het aan die hand van die Griekse filosofie.  Hierdie tipe konstante herinterpretasie  is ook ons taak.  Demokrasie, humanisme, slawe-afskaffing en vroue-bevryding is alles deel van hierdie taak (alhoewel dit bots met die ouer tradisies in die Bybel).
  • In dit alles is God egter aan die werk om die mens heeltyd vorentoe te neem na omvattende welsyn vir alle mense binne die samehang van die omvattende welsyn van hulle hele maatskaplike en natuurlike omgewing (p307).  Klaus het nie eintlik ‘n visie vir die na-doodse nie, lei ek af.  Ons moet m.a.w. kan sien dat  God die mens telkens vorentoe wil vat deur sy Woord en die Bybelse beginsels daarvoor onderskei (soos Hy dit in die verlede gedoen het) en ook vandag toepas.
  • Klaus bespreek die probleme van ons dag en hy is erg bekommerd.  Die familie en huwelik word uitmekaar geskeur, mense word vertrap en die planeet in die gevaar gestel.  Ons moet in hierdie tyd weer die Bybelse beginsels optel en verkondig en dit lyk my sy operante woord (waaroor hy dalk nog ‘n boek moet skryf om dit uit te spel) is VERANTWOORDELIKHEID.

Ja, met al hierdie laaste gedagtes het ek nie ‘n probleem nie.  Dis eintlik baie mooi en baie belangrik. Ook uit die eerste deel van my kommentaar (sy boek is nie in twee dele nie, net my kommentaar is) het ek baie geleer – oor die antieke kulture en hoe ons wat kan verstaan.