Monthly Archives: Desember 2014

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #38 – Jesus, we enthrone You (Paul Kyle)

Jesus we

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #38 –  Jesus, we enthrone You (Paul Kyle)

Hierdie is ‘n oue – 80’s – maar wat ‘n anthem!  ‘n Groot lied waarmee ons die Here in ons midde gekroon het.  Veral die koor wat so oploop:  …and as we worship, build your throne, and as we worship, build your throne, and as we worship, build your throne … come, Lord Jesus, and take Your place!  Dit vat my lank terug… na toe ons nog in die CGK Benoni was, saam met Ds Richard Verreynne.  Good times…  Hier is die woorde:

Lirieke

Jesus, we enthrone You
We proclaim You our King
Standing here in the midst of us
We raise You up with our praise
And as we worship, build a throne
And as we worship, build a throne
And as we worship, build a throne
Come, Lord Jesus, and take Your place

© 1980 Kingsway – Thankyou Music
Ons het gesing “build YOUR throne”, maar wat.

Video

Die video bevat die woorde en Don Moen se (blykbaar mees gewilde) weergawe – baie pragtig uitgevoer.  Sit dit lekker hard aan!

Advertisements

In die tweede helfte… – Stephen Arterburn en John Shore

arterburnIn die tweede helfte… inspirasie vir ‘n lewe van betekenis – Stephen Arterburn en John Shore (2011, CUM)

Ek is mos nou ook kastig in die tweede helfte van die wedstryd, en het die eerste bewyse daarvan op 50 begin voel in my rug, en toe in my gewrigte (maar my ander issues kom al van vroeg in die eerste helfte)… Dis nie dat ek hier wóú kom nie, maar wie kan dit keer?  Hier is ek nou – moenie worry nie, jou beurt kom.  Ek is natuurlik g’n niks middeljarig nie, ek dink dit begin mos op 70? Natuurlik voel ek nog presies dieselfde, effens meer bedinges dalk en meer seker wat reg en wat verkeerd is, maar die feit bly staan: ek lees nou boeke (hierdie is die tweede een) wat vir ou ballies bedoel is. Nie dat ek ‘n ou ballie is nie, maar ter voorbereiding, jy verstaan mos? Ook wil ek ‘n begeleidingkursus skryf oor die tweede helfte van die lewe, sien?

In elk geval, hierie ouens weet waarvan hulle praat – Stephen Arterburn (heeltyd gedink dis Afterburn) is ‘n groot dude oor die water in die US en sy sidekick John Shore (in kleiner letters as outeur) seker maar ‘n mindere lig. Hulle skryf in ‘n humoristiese styl en soms het ek lekker gelag, soos toe hy sê hy dank God vir vooruitgang in die farmakologie, byvoorbeeld vir Viagra en Cialis …wel, en natuurlik ook vir dinge wat diabetes, psoriase en so aan beveg.  Hy sê die stereotipe van ‘n rooi sportmotortjie wat middeljarige mans graag koop is ‘n blote stereotipe, nie werklikheid nie – want dit kan ook swart wees, of so ‘n diep blou…  syne het hy al op 40 gekoop!

Die uitleg van die boek is soos volg en ek maak notas hoofsaaklik vir myself (as ek nie notas maak nie, kon ek netsowel nie die boek gelees het nie, want drie maande en drie boeke later het ek dit alles vergeet, soos dit met boeke gaan). Maar as dit jou tickle, kan jy ook hier loer (dis in elk geval ‘n goeie boek as jou man 50 plus is, of jy self – hemel behoed):

Hoofstuk Een – MAN IN DIE MIDDEL

  • Hy deel oor mans se ouderdom en sê in 1800 het ‘n man gemiddeld 35 geword, in 1900 was dit 46, in 1950 was dit 69, vandag is dit 76 (rêrig? – in Amerika natuurlik, onder die bevoorregte klas). 60 is REGTIG die nuwe 50, en vorentoe sal dit die nuwe 40 wees.
  • Dan deel hy oor die tekens van middeljare en hy noem depressie, rusteloosheid, liggeraaktheid, kompensasie, seksuele obsessie, buite-egtelike verhouding.

Hoofstuk Twee – HE-MAN

  • Hy deel nou oor rolle en die eerste rol wat hy doen is die man as HE-MAN OF THE UNIVERSE. Bietjie outydse metafoor (meeste jongmense ken nie eers die TV reeks He-Man, of Masters of the Universe nie)… Daar is ‘n paar goed wat jy kan laat gaan nou, sê hy en dit is:
    • Die verwagting wat die hele wêreld het van He-Man – los dit nou…
    • Die verwagting wat jy het dat dinge regverdig moet wees – los dit nou…
    • Om jou emosies te onderdruk as ware man – rubbish…
    • Om dinge alleen te hanteer as lone ranger, I fly solo – dis so belaglik…
  • Dan die suiwer goud van He-man wees: Wat ware mag is en hoe om dit te gebruik (dis God se mag), hoe om met verantwoordelikheid te werk, hoe om berge te versit (bietjie vir bietjie) en dapperheid. Dan ook integriteit.

Hoofstuk Drie – SEUN

  • Nog ‘n rol en die goed wat ons nou – wat ons rol as seun betref – moet laat gaan is:
    • Fisieke, rasionele en emosionele afhanklikheid – dis half simpel, jy’t dit mos lankal laat gaan?
    • Dit wat jou ouers jou oor die lewe geleer het wat verkeerd was – hulle was verkeerd, bóém! Aanvaar dit, laat dit gaan…
    • Dit wat jou ouers jou oor jouself geleer het wat verkeerd was – hulle het jou emosioneel bedinges (want hulle was onbeholpe ouers – net soos jy), jy het hulle verkeerd bewys, bóém – hulle was verkeerd, jy was reg, hoera, laat dit gaan…
  • Dan die suiwer goud van SEUN-wees: die vreugde van kindwees, elke lewensles wat seuns geleer het, die emosionele middele om die kinderjare te oorleef (jy was dapper en slim om dit reg te kry, seriously nou – GOED SO) en die blywende en diep emosionele aard van familie.
  • Dit gaan sterk daaroor dat ons nou GESOND WORD van ons kinderjare en die verlede positief aanvaar. Nou die issues oorkom…

Hoofstuk Vier – EGGENOOT

  • Die goed wat ons eggenoot op die stadium moet laat vaar is:
    • Om mal te wees oor seks. Hy gaan van die standpunt uit dat testosteroon nou afneem (ek het al gehoor dit kan gebeur) en hy reken nou maar goed, dan kan mens bietjie kalmeer en fokus op ander dinge. Whatever…
    • Alles wat verhoed het om die beste man ooit te wees vir jou vrou – dit was jou werk, jou status, jou vrinne, jou belangstellings, ens. maar fokus nou op jou verhouding met jou vrou en wees die beste vriend wat jy vir haar kan wees (ai shame, met die testosteroon wat so af is, sien ek hy praat nou van vriendskap)
    • Om jou vrou as vanselfsprekend te aanvaar – dit gaan saam met die bg.
  • Die suiwer goud van eggenoot-wees nou is: die onskatbare tyd wat jy saam met jou vrou kan deurbring – jaaa, maar baie vroue wil nie hê hul afgetrede man moet so agter hulle aan drentel en ‘n oorlas word nie. Dan: verstaan wat kompromie is, wees ‘n held (hulle sê altyd vroue sien hul mans as helde, maar ek hoop die vroue-weergawe van die tipe boeke leer die vroue om dit darem ook vir hulle mans te sê) en om te weet dat God julle nog altyd bewaar het.
  • Ek sou wou byvoeg – hy skimp daarop – dat ‘n man nou maar homself mag word, en sy natuurlik ook…

Hoofstuk Vyf – VOORSIENER

  • Ok (jis, maar dit vat lank), nou die dinge wat jy net moet weggooi as voorsiener (soos alle handboeke op jou rak van voor die 1990’s):
    • Om jouself te definieer op grond van jou werk – hemel, jy is seker meer as ‘n assistent-senior bestuurder by Waterwerke (Noord-streek). Op ‘n ontbyt het ek eenkeer die “president van die Gideons” aan die gemeente voorgestel, altans dis wat hy my gesê het. Toe sê hy vir die mense: ja, hy IS die president van die Gideons van Pretoria-Suid laer… (rooi gesig)
    • Die waansinnige skinderpraatjies en persoonlike politiek by die werkplek – ja, dis darem absurd.
  • Dan die suiwer goud: om te weet wat jy kan doen as die nood druk. Jy KEN ‘n dag se harde werk… jy gaan jou dag in met een hand agter jou rug gebind sodat die wêreld darem ‘n kans het teen jou…; die waarde en vreugde van ware spanwerk; dat mense geëet het, omdat jy gewerk het… ja, dit sny na die HART van manwees (en vandaar die krisis van werkloosheid)
  • Dan deel hy oor die gedagte van loopbaanveranderings op so ‘n laat stadium, maar hy is nie daarteen nie…

Hoofstuk Ses – PA

  • Wat jy kan laat gaan as ‘n pa…
    • die loutere en oneindige “arbeid” (dag amper hy gaan sê “hel”) van kinders grootmaak – hoera!
    • Die groot las van ‘n super, nooit-verkeerd-wees-nie pa wees,
    • …asook die las van al daai (baie) kere toe jy toe nie die perfekte pa was nie
  • Die suiwer goud van pa-wees (nou’s ons in die pylvak): die wete dat jy jou kant gebring het, alles wat jy oor liefde geleer het, om jou eie ouers eindelik te verstaan
  • Ja, (dis nou ek, Jimi) die loutere vreugde om alles wat jy het te gee om ‘n ander bekwaam te maak vir die lewe, om te sien hoe jou kinders vooruitgaan en gedy, om hulle te sien lag en gelukkig wees – hei, dit maak alles die moeite werd

Hoofstuk Sewe – kyk vorentoe

Ok, hier vat hy nou al 5 rolle se uitkomste saam onder: Integriteit, Openhartigheid, Liefdevolheid, Getrouheid en Nederigheid. Ek sou dit beslis anders bewoord het.

Ja, ek het nou al ‘n baie beter idee van hoe so ‘n prag-begeleidingsprogram kan lyk vir almal bo 50. Ek sou meer wou maak van mentorskap – mans word mentors, en op ‘n man se quest is daar altyd ‘n wyse leermeester wat die jong padawan (google dit maar as jy nie Star Wars gekyk het nie) op die pad help.  Ek is net ‘n bietjie vaag – ok, absoluut clueless, oor wat met vroue gebeur na 50. Gebeur daar iets? Dalk sal ek ‘n boek lees of ‘n Facebook-gesprek begin, of beide.  Dalk moet ek maar hou by wat mans beleef.  Wat dink jy?


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #37 – It is you (Newsboys)

It is you

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #37 – It is you (Newsboys)

Hierdie is ook ‘n meer onlangse lied en SO ‘n great song! Veral daardie koor-deel:  Holy, holy is our God Almighty! Holy, holy is his name alone!  Dit het ons darem ook gesing, hoor.  Ek het dit geniet om nou weer daarna te luister.  Dis steeds populêr.  Hier is die woorde:

Lirieke

“It Is You”

As we lift up our hands, will you meet us here?
As we call on your name, will you meet us here?
We have come to this place – to worship you
God of mercy and grace

It is you we adore
It is you, praises are for
Only you – the heaven’s declare
It is you, it is you

Holy, holy is our God Almighty
Holy, holy is his name alone
Holy, holy is our God Almighty
Holy, holy is his name alone

Video

 


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #34 – Hosanna (Praise is rising)

praise

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #34 – Hosanna (Praise is rising) (Paul Baloche, Brenton Brown)

Hierdie een is bietjie jonger.  Toe ek by Mosaïek was in J0hannesburg (2005-2009) het ons hierdie lied GESING, hoor!  Feitlik elke Sondag…  Johan Heystek-hulle was lief vir ‘n klank wat soos U2 klink – “wall of sound” – voor die aanbidding begin, en in daardie ouditorium en beplanning was/is elke diens  ‘n belewenis, en dan uit die wisselende klank uit het ons dikwels begin met hierdie lied – teen die einde iewers die modulasie, natuurlik.  Ek dink hierdie song is nog steeds groot in kerke.  Die woorde is soos volg:

Lirieke

[Verse 1]
Praise is rising, eyes are turning to You – we turn to You
Hope is stirring, hearts are yearning for You – we long for You
[Bridge]
When we see You, we find strength to face the day
In Your presence all our fears are washed away, washed away
[Chorus]
Hosanna, Hosanna
You are the God who saves us, worthy of all our praises
Hosanna, Hosanna
Come have Your way among us, we welcome You here, Lord Jesus
[Verse 2]
Hear the sound of hearts returning to You – we turn to You
In Your kingdom broken lives are made new – you make all things new
[Bridge]
[Chorus]

Video

Hierdie weergawe is bietjie korter as die standaard een van oor die 6 minute, maar is steeds mooi afgerond.  Dit is op ‘n lekker ritme, want hierdie lied kan maklik trekkerig raak as dit te stadig gaan.  Die woorde is op die beeld, vir die saamsing, sien?


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #33 – Holy, holy, holy, Lord (Don Francisco)

holy holy

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #33 – Holy, holy, holy, Lord (Don Francisco)

Sjoe, hierdie een was ook populêr by ons.  Ons het daai hosanna’s ge-hosanna, hoor!  Don Francisco het hierdie een geskryf – op ‘n tyd het ons darem na hom geluister, nè?  In elk geval, hier is die woorde:

Lirieke

Holy Holy Holy Lord
God of power and might
heaven and earth are filled with your glory
Hosanna hosanna in the highest
Hosanna hosanna in the highest

Video

Hier is ‘n lekker sterk weergawe van een van die grotes:


Kerskaart van bestaan

nativity 2

Kerskaart van bestaan

Jimi le Roux – Kersfees 2014

 

In die sterre het die lig, die teken opgegaan en

die hele hemeltrans is opgeluister toe

die engele se gloria uitgolf deur die eter.

In Persië het die magoi se kamele swaar behang vertrek,

hul klere blink, belangrik, tulbande purper, goud

en hul karavaan kom eind’lik knarsend, knielend aan.

In die stal is Josef nog verleë, kon-nie-sorg-nie;

sý weer, Moeder in die middel, is voluit dáár by Hóm;

die heil, die gloed nog soos ‘n krans om haar.

In was ook die flenter-herders, nou weer uit

om te gaan getuig: het jy gesien, het jy gehoor… maar

wie sou húl tog glo: van engele, ligte, tekens en ‘n koor?

In ‘n krip van diere (die skape, bokke, donkies

almal rustig tuis op daardie prentjie), op die strooi,

die hout, die klip, die grond – kom Hy, van bo.

 


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE OOIT #32 – Here I am to worship (Tim Hughes)

Here I am

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #32 – Here I am to worship (Tim Hughes)

Ons het hierdie lied darem maar gesing hoor, en ek vermoed dit word steeds BAIE gesing.  Hier is die storie van die lied:

Back in 1999 while still in college, he (Tim Hughes) first sat down to craft a musical response to his reading of Philippians 2:5, which says, “Make your own attitude that of Christ Jesus.”  And from the start, he had the humility part mastered.  “I was playing around with my guitar when the verse just came out,” he modestly recalls.  Tim recorded the verse into his Dictaphone, and months later during a quiet creative time, he patched it together with another strong melody idea and brought “Here I Am To Worship” to fruition.

“I’d been reading about the cross and thinking through Jesus’ amazing sacrifice,” Tim says of the lyrical theme.  “Sometimes when God meets with us we don’t quite know how to respond properly.  It’s often too much for us to take in.  Hopefully in a small way the chorus captures that: ‘Here I am to worship.  Here I am to bow down.  Here I am to say that you’re my God.  You’re altogether lovely, worthy, wonderful.'”

Lirieke

Light of the world, You step down into darkness.
Opened my eyes let me see.
Beauty that made this heart adore you
hope of a life spent with you.

[Chorus]
And here I am to worship, here I am to bow down,
Here I am to say that you’re my God,
You’re altogether lovely, altogether worthy,
altogether wonderful to me.

King of all days, oh so highly exalted
Glorious in heaven above.
Humbly you came to the earth you created.
All for love’s sake became poor.

[Chorus]
I’ll never know how much it cost to see my sin upon that cross. x4
[Chorus]

Video

En hier is die hele lied deur Tim Hughes self: