Monthly Archives: Januarie 2015

Blou bottels

Blou bottels

Blou bottels

Ek het nog een klaar gemaak – karring al ‘n week of drie aan en af hiermee en volstaan nou maar.  Ek is nog steeds by die stillewes, maar hierdie keer meer mensgemaakte goete probeer.  Hierdie is net ‘n paar goed daar by die huis rond. Dis aansienlik moeiliker as vrugte en ek het ‘n paar lesse geleer.  Soos:

  • volgende keer maar die bottels en vase uitmeet en met die liniaal teken
  • dis deksels moeilik om glas deurskynend te laat lyk
  • agtergronde bly maar ‘n probleem
  • dalk volgende na blomme toe beweeg?

Ek is nog ver van landskappe af!

Advertisements

Nelus Niemandt – Nuwe Leiers vir nuwe Werklikhede

NelusNelus Niemandt, Nuwe Leiers vir nuwe Werklikhede (2013, CUM)

Ek en Nelus mos ou pelle… ek bedoel, ek ken hom, en as hy baie hard nadink sal hy my onthou van Mosaïek se dae… 🙂 Maar heel moontlik nie, want Nelus is inderdaad die moderator van die NGK, die professor van Tukkies en die dominee van sy gemeente daar in Weltevreden Park (Roodepoort – het self daar naby gebly) – hy ontmoet duisende mense.  Veral predikante moet hom seker vreeslik verveel. Nelus se boek het my baie bemoedig, daar op die afslag-tafel. Dis ‘n uitstekende boek – nie so uitstekend soos die een voor hom Nuwe Drome vir nuwe Werklikhede nie, maar daardie een was so goed (inhoudelik en avant garde, volkleur uitleg) dat dit nie sommer oortref kan word OOIT nie – nogtans uitstekend, en dit het net in 2013 uitgekom, teen R130, en ek koop dit presies een jaar later op die uitverkoop-tafel vir R20. So, dis nou die shelf life van ‘n goeie boek. WAAROM, O WAAROM?  Onthou, CUM gee elke kwartaal omtrent 50 nuwe boeke uit, en dit beteken na ‘n jaar staan joune – ja, ek praat van my spogpublikasie Padlangs deur die Lewe (ja, kliek dit) – 200ste in die tou! Die bemoediging is dit: as dit met Nelus se uitstekende boek kan en gaan gebeur, kan dit maar met my, ook waardevolle en aanbevelenswaardige, boek gebeur. Dan is dit nou maar soos dit is. Die les is dit: koop my boek by CUM! Nee, dit vertel maar net hoe vlietend die lewe en alles is, gou gaan dit verby, dan lê jy in die graf. Alles beteken niks. Waarom nog probeer?! Nee, skuus… dit het nou nie reg uitgekom nie. Kom ons beweeg aan:

Waarom is Nelus se boek goed? Dit leer die leser wat OP HIERDIE OOMBLIK in die kerk aangaan. Soos jy dalk weet het die sg. emergent beweging die evangeliese kerk redelik deeglik deursuur (alhoewel hulle baie kritiek getrek het, meestal onnodig) en daaruit het die missionale denke gekom (ja, dit is ‘n onderafdeling van die emergent-storie, waaroor sy vorige boek gegaan het).  Missionaliteit is vandag alles. Dit beteken net dat mense nie meer kerk toe gaan KOM in ons dag nie – ek bedoel, ons kan nie in die kerk sit en hande vou en bid en wag dat die wêreld deur ons deure stroom nie. O nee, ons opdrag is om te GAAN.  Die kerk is gestuur na die wêreld, nie andersom nie. Hoe om ‘n gestuurde kerk in die wêreld te wees – dis waaroor missionaliteit gaan. Nie meer passiewe kerk nie – aktiewe, dinamiese, effektiewe, betrokke, relevante kerk-in-die-wêreld!

Die eerste hoofstuk van hierdie boek vertel wat missionaliteit is, maar onthou, Nelus is ‘n teoloog. Die Amerikaners vertel dieselfde dinge BAIE meer prakties. Die ander hoofstukke gaan eintlik oor Missionele Leierskaphoe om ‘n leier in hierdie tipe kerk te wees. Gooi weg al ou John Maxwell se boeke oor leierskap, dis outyds. Ag, hou maar so een. Leierskap het egter verander. Die “groot” leier, die “dinamiese” leier, se dae is getel. Leierskap is nie om ander met jou oulike visie te beïnvloed – nothing more, nothing less – nie.  Maxwell is pleinweg verkeerd. Mense is deesdae nie meer lus vir “beïnvloeding”, dominering en manipulering nie. Hulle is bemagtig, hulle wil saampraat, saamdroom, saambesluit – nie net ‘n ander ou se droom uitvoer nie. Deesdae se leiers is ouens wat “eerste vir Christus volg” – sy definisie – en so ander inspireer. Hy skryf dan hoofstukke oor geloofsonderskeiding, Bybelse verbeelding, die kuns om te luister, stories verstaan, klimaat skep, kultuur verander, netwerke gebruik, waagmoed gebruik, leierskap deur almal. Ek sou sê dis ‘n STANDAARDWERK, ‘n MOET vir leiers in die kerk vandag – en spring, dis nou beskikbaar vir slegs R20! Daar’s hope inligting, skemas en grafieke, quotes en nice verwysings na hedendaagse flieks, boeke , ens. Ek hoop dit sal jou opgewonde maak. Thanks Nelus – iemand moes dit doen. Wie beter as jy?

Daar’s baie dinge wat ek kan sê, kritiekgewys, maar hei, dis amper elfuur – net die volgende twee dinge vir nou:

  • Ja, die Amerikaners is meer prakties, soms is die boek so bietjie generies en teoreties, die wat die Amerikaners oor missionaliteit lees, het eintlik al alles gehoor, maar ek dink die ideale leser is hier dalk die predikant of kerkraadslid wat op hoogte wil kom;
  • Leierskap is volgens my eintlik so tussen die ou en nuwe model. Soms gebeur niks voor iemand nie leiding neem en die ou spul na ‘n ander plek toe vat nie (die ou definisie) – ja, ten spyte van die hele teorie staan daar soms net leiers op en LEI.  Hulle het nie eers die boek gelees nie.

Dieselfde vir die hele missionaliteit – dis great vir die innovators en die early adopters en so aan, maar die ander 80% is nog op die ou reëls – en kwaai aan die verloor.  Maar ja, dis hoekom hulle die boek moes gelees het.


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #49 – Shine Jesus shine (Graham Kendrick)

sing

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #49 – Shine Jesus shine (Graham Kendrick)

Ook ‘n goeie een van so 15 jaar terug, né?  Die ritme is onrustig in die verse: Lord, the light of your love is shining, in the midst of the darkness shining… en dan kom die jubelende koor: Shine, Jesus, shine, fill this land with thhe Father’s glory!  Ai, hoe toepaslik…  ‘n GROTE, ja…  Hier is die lirieke:

Lirieke

Lord, the light of your love is shining
In the midst of the darkness, shining
Jesus, Light of the world, shine upon us
Set us free by the truth you now bring us
Shine on me, shine on me

Shine, Jesus, shine
Fill this land with the Father’s glory
Blaze, Spirit, blaze
Set our hearts on fire
Flow, river, flow
Flood the nations with grace and mercy
Send forth your word
Lord, and let there be light

Lord, I come to your awesome presence
From the shadows into your radiance
By the blood I may enter your brightness
Search me, try me, consume all my darkness
Shine on me, shine on me

As we gaze on your kingly brightness
So our faces display your likeness
Ever changing from glory to glory
Mirrored here may our lives tell your story
Shine on me, shine on me

Graham Kendrick
Copyright © 1987 Make Way Music.

Video

‘n Perfekte en professionele weergawe deur Don Moen, maar op YouTube is almal amper dieselfde.  Luister gerus en geniet dit.  Waar is egter daardie ROCK weergawe?  Die OEMF?  Aarde, ek kom uit die 70’s…


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #51 -There is none like you (le Blanc)

There

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #51 -There is none like you (le Blanc)

Hierdie is net een wat by my vasgesteek het – eenvoudige woorde van aanbidding en waardering: daar is niemand soos U nie, niemand kan my hart raak soos U nie – al soek ek vir ewig, daar is niemand soos U.  Ja, dis ‘n favourite van my…  Hier is die woorde:

Lirieke

There is none like You,
No one else can touch my heart like You do,
I can search for all eternity Lord
And find, there is none like You.

Your mercy flows like a river so wide,
And healing comes from Your hand.
Suffering children are safe in Your arms,
There is none like You.

There is none like You, ( There is none like You, Lord)
There is none like You.
(I can search for all eternity Lord,
There is none like You.)

Lenny le Blanc (c) Hillsong

Video

Hierdie is ‘n mooi Hillog-weergawe van hierdie lied – as jy dit speel, sing saam en sê dut vir Hom: There is none like You…

 


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #50 – Sing a song of celebration (David Ruis)

sing

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #50 – Sing a song of celebration (David Ruis)

Ai, nog een van die grotes vir my.  Hierdie David Ruis kon skryf, hoor!  Hierdie lied (eintlik bekend as We will dance) is ‘n sterk en opruiende loflied (groot charismatiese kerke het dit opgeraap) wat uitsien na die dag dat ons gaan dans (selfs ek, wat wil maar nie kan nie) op die goue strate.  Ja, ‘n GROOT, GROOT lied!  As jy dit nie ken nie, moet jy tog luister.  Hier is die woorde:

Lirieke

Sing a song of celebration, lift up a shout of praise
For the Bridegroom will come, the glorious One
And oh, we will look on His face – we’ll go to a much better place

Dance with all your might – lift up your hands and clap for joy
The time’s drawing near when He will appear
And oh, we will stand by His side, a strong, pure, spotless bride

We will dance on the streets that are golden
The glorious bride and the great Son of man
From every tongue and tribe and nation
Will join in the song of the Lamb

Sing aloud for the time of rejoicing is near …
The risen King, our groom, is soon to appear …
The wedding feast to come is now near at hand …
Lift up your voice, proclaim the coming Lamb …

Copyright © 1993 Mercy/Vineyard Publishing.

Video

Hier is David Ruis se eie weergawe, oeënskynlik… baie mooi – sterk en ritmies.  Speel hard (ek sê dit altyd, maar hierdie is nie agtergrond-musiek nie)!


BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #48.Praat ek mense, engletale (Ghapi)

Praat ek

BESTE AANBIDDINGSLIEDERE #48.Praat ek mense, engletale (Ghapi)

En daar ontdek ek GHAPI se derde album met gospel musiek op YouTube! Hy het ‘n hele paar bekende liedere gevat – soos hierdie een – en dit nou sommer op sy lekker rock ritme gesit, dromme aan die brand en die hare waai, verbeel ek my (as jy Ghapi ken – die videos het net die album cover op, maar die hare waai alreeds daar).  Dus – kry die album!  Ek sê al lankal mens moet al die ou psalms, gesange en hallelujas op rockmusiek sit. Praat ek mense- engletale is redelik oud – uit my studentejare – en ons het dit later  selde gedoen, maar as mens van beste liedere ooit praat, hier in die goeie ou SA, MOET jy dit insluit.  Dit bly egter mooi – met woorde reg uit die Woord.  Hier kom dit:

Lirieke (Liedboek 530)

1. Praat ek mense- engele-tale maar dis nie uit liefde nie,
is my woorde hol simbole, klanke sonder melodie.
Al kan ek geheime uitlê, berge deur geloof versit,
of al het ek al die kennis – sonder liefde is ek niks.

2. Sonder liefde sal my gawes, al my ywer my nie baat.
Net die liefde, onbaatsugtig, bly oorwin met goed, die kwaad.
Onreg kan dit nie verdra nie, dit is met die waarheid bly.
Deur vergiffenis, hoop verwagting, kom die beste in ons vry.

3. Al die tale, profesieë, met die tyd gaan dit verby.
Net die liefde, die volmaakte, kom en sal vir altyd bly.
Want geloof gee troos en rigting; na die toekoms reik die hoop.
Liefde is en bly die grootste; liefde sluit die lewe oop.

Video


Huppelend deur die jaar

Hierdie is ‘n gediggie wat ek gemaak het vir ons maandelikse nuusbriewe 2014.  Ek probeer elke maand vasvat en verwys o.a. na Kaap, die Hoëveld, die Vrystaat, die Laeveld en Pretoria.   Jy kan dit gerus aflaai en gebruik vir julle nuusbriewe as jy net sal byvoeg: – uit Huppelend deur die Jaar (Jimi le Roux).

Huppelend deur die jaar

Januarie! Janus kyk net

vorentoe die leë jaar na binne –

opwindend hoe ek in die

nuwe boek kan skryf net wat ek wil:

klein of groots, luid of stil.

Dis al Februarie, ag sowaar;

dis nou soggens bietjie later lig

as Nuwejaar – met al sy plannetjies,

wat reeds lankal al vergete is;

die jaar het klaar sy eie koers gekies.

Dis Maart, waar die jaar

‘n draaitjie maak na Herfs.

Net ‘n bietjie, ja dis waar

want alles bly maar warm, groen

maar mildheid is wat Maart vir ons kom doen.

April en dis asof alles jaag

ons pas raak moeër,

maar dis koeler, milder, mooier;

en Pase, hetsy vroeër, hetsy later,

wys ons die genade van die Vader.

Dit is die Meiste, Meiste maand.

Herfs het vasgebyt – dis koeler, koud,

maar orals is die rooi, die bruin, die goud.

Wat die nat, die mis, die blaremat ons leer

is na binne draai, na binne keer.

Junie en die bome staan nou kaal –

net hier en daar het blare nie geval.

In die Kaap bly dae ysig koud met reën,

maar op die Hoëveld waardeer jy steeds

die middag-winterson se seën.

Bitter, bitter Julie op die witgerypde velde –

die Vrystaat vries oornag die water vas.

Soggens stoom jou asem en die wit gras knars;

maar mieliepap met botter, plaasbrood, eiers

vir ontbyt: ai, net so heerlik soos jou warm jas!

Augustus bly nog ysig, ek is jammer,

al is die dae kamtig soveel langer.

Ja, koud en lank, die langste maand!

(Wanneer sal die winter breek?)

Maar die Laeveld was al lankal warmer.

Ai September, lente lente!

Nie te warm nie, soms nog koud ja,

maar die bloeisels, geure, groenigheid;

die voëlgesang en skielik weer die mildheid –

die nuwe bries is vars en vol belofte.

Oktober is die mooiste mooi:

Jakarandas pers en bougainvillea rooi

bars uit hul nate langs die strate van Pretoria.

Elders net so heerlik, winter heelvergete –

ja, jy voel die somer kom verbete!

Die stil, skaam maand November

kruip bietjie in die skadus weg

soos ‘n jonger sussie, maar kyk beter:

sy’s rustiger en byna ewe mooi –

dalk is sy die beter nooi!

Desember borrel soos sjampanje:

van partytjiepret en strande, son en see.

Kersfees is die jaar se hoogtepunt,

so rus genoeg en vier maar mee,

want Christus is aan ons gegee!