Monthly Archives: Februarie 2015

John Pritchard – Living Jesus

Living JesusJohn Pritchard – Living Jesus (2010, SPCK)

Ek het hierdie boek gekoop omdat dit (1) oor Jesus gaan, (2) deur Brian McLaren en Desmond Tutu aanbeveel is – snaakse kombinasie – en (3) deur ‘n Anglikaan geskryf is, en hulle is protestantse wat in hulle broad church ‘n evangelical/charismatiese sowel as ‘n katoliek/liturgiese en ook ‘n liberaal/ekumeniese groepering het.  As ek nie was waar ek is nie, sou ek dalk ‘n Anglikaan gewees het.  Die gereformeerdheid sit moeiliker met my – maar nou ja, kan nie jou familie kies nie.  Pritchard is die biskop van Oxford – dis seker maar ‘n belangrike pos daar in Ingeland – hy lyk vir my soos ‘n tipiese Engelse vicar-omie, uiters sag, vriendelik en absoluut geen bedreiging nie (maar Jesus was, nè…?)  Maar hy is natuurlik baie slim en sensitief vir die kerk se rol in die wêreld.  Stem wel nou nie met elke interpretasie saam nie, maar dis maar altyd so…

Uiteindelik is die boek nou nie deurbraak-wow nie, maar net verskillende blikke op Jesus, met die klem op hoe om Jesus prakties te LEEF.  Die boek was die moeite werd om te lees – het allerhande goedjies weer besef.  Die hoofstukke is so:

1) Jesus – a personal obsession – dis mooi hoe hy vertel van sy kinderlike geloof, sy bekering op universiteit en die verdere veranderings wat sy godsbeeld ondergaan het.  Sy “getuienis” wat reg deur sy boek skyn is dat hy regtig, egtig glo dat Jesus die oplossing is en die sin van sy lewe.  Brian McLaren, vir al die kritiek teen hom, sê ook: I’m with John Pritchard – unashamedly and incurably obsessed with Jesus.  Ek is mos ook ‘n Jesus-volgeling, bo alles.

2) Jesus – the magnificent outsider.  Jesus bly altyd die buitestaander, die revolusionêr, wat die bestaande orde omgooi. Maar Hy is mooi.  Augustinus het gesê (maar nie in Engels nie, in Latyn seker) – outydse tipe gebed:

Christ is beautiful in heaven; beautiful on earth; beautiful in the womb; beautiful in his parents’ arms; beautiful in his miracles; beautiful under the scourge; beautiful when inviting to life… beautiful when laying down his life; beautiful in taking it up again; beautiful on the cross; beautiful in the sepulchre; beautiful in heaven.

Met die Bergrede begin Jesus die onderstebo wêreld weer op sy voete draai – DIS soos dit eintlik moet wees.

3) Jesus – centre point of history
4) Jesus – changing the rules (Christene wat anders leef en die wêreld verander). Hierdie is goed:

‘n Man het gesterf en in die hemel gekom en die engel het hom gevra: waar is jou wonde?  Hy sê toe hy het nie wonde nie.  Die engel antwoord: Was daar vir jou niks belangrik genoeg om voor te veg nie?

5) Jesus – the world’s hope.  Hy spel uit wat die wêreld bedreig – ongebreidelde verbruik en die groot oneweredigheid van inkomste: die rykste 1% van mense besit 40% van alles op aarde, die rykste 5% besit 70% van alles, die rykste drie mense besit meer as die gesamentlike Bruto Binnelandse Produk van die 48 armste lande saam!  Dis nie volhoubaar in enige huishouding nie – en die tendens gaan toeneem (geld maak geld), tot 1% seker 99% besit – wil ons dit hê?  Die aarde gaan in sy glory tans, met elke jaar ‘n nuwe rekord-warmste jaar, en die Christene moet nou die verskil maak – dis baie belangrik.  Doen hulle? Nee, hulle wil net verbruik… Die rykste lande (tradisioneel Christelike lande, VSA, UK, ens.) is ook die grootste uitvoerders van wapens na ander lande, wat dit gebruik om mekaar dood te maak in hulle klein magstryde.  Christene moet wakker skrik.  Die evangelicals wil net almal red en die aarde maar hel toe ry en die charismatics wil net weer lekker ervarings hê en gebless word met superbaie geld – alles net vir my, my, my…  dis hoekom ek nie meer daardie dinge is nie.  Jesus se boodskap was anders, hoor. Hierdie laaste deel is wat ek sê, nie die skrywer nie.

6) Jesus – crazy about the Church.  Die kerk is baie, maar ook een en Christus bly die middelpunt van die alles.  Die nagmaal bind ons saam, want dit herinner almal van ons dat Christus gesterf het en dat ons moet sterf as ons Hom wil volg.

7) Jesus – partner in prayer.  Oor al die vorme van gebed. Hoe bid ons tot die totaliter aliter – die Gans Andere?

8) Jesus – in a world of pain. Jesus en lyding – die kruis as die plek waar God saam met ons kom ly en ween.  Die opstanding is weer die plek waar God die vloei van die sonde, ellende en dood omkeer en terugdraai.  So help ons om met opstandingskrag die vloei om te keer en die wêreld te herstel.  Dit bly altyd ‘n moontlikheid by ‘n God wat die dood oorwin.

9) Jesus – in the mind of the artist.  Kuns as belydenis, getuienis en aanbidding deur die eeue.

10) Jesus – in a world of faiths.  Hoe gaan ons as Christene om met ander gelowe?  Met die grootste respek.  Presies wat ons van hulle sou verwag moet ons ook doen. Ander gelowe bevat ook groot waarhede en opregte, toegewyde mense.  Hulle is ook toegewyd aan die liefde (die Groot Gebod, né) en is baiekeer meer liefdevol as Christene.  Ja, ongelowiges is baiekeer meer Christelik as baie Christene – wens hierdie quote van my beland in ‘n boek!  Hulle glo ook hulle verstaan van wat God vra is reg. Nogtans glo ons dat die verlossing in Jesus Christus is – en ons mag en ons moet.  Ons sal dus ons getuienis as Christene uitleef en met respek oordra as ons in ‘n geloofsgesprek is.  Ons sien nie neer op ander mense se geloof nie – dis mos nie die liefde nie.  Ensovoorts.  Ek stem saam.

11) Jesus – to the end of time.  Wat hou die toekoms in, as God “alles in almal” word, soos Paulus sê?  Intussen LEEF ons Jesus – elk op sy eie plek en eie manier.

Ek weet nie – ek dink 12 hoofstukke sou die boek netjieser afgerond het.  Twaalf of tien.  Elf hang so tussen die boom en die bas, amper soos die dissipels met Judas wat weg is.  Hulle weet nie waarheen nie.  Gelukkig kry hulle toe weer rigting 🙂

Advertisements