Monthly Archives: Maart 2015

Uitbranding-meditasie

Uitbranding-meditasie
Die sesde week van die Vaste, 2015
That which gives light must endure burning. – Victor Frankl

Dit wat lig gee moet die brand verduur,
die prys van die verligting is die vuur.
Iets brand uit terwyl dit skyn
en sterf dan en verdwyn –
en dan weer net die donker.
Die Lig was hier en helder, hard het Hy geskyn –
tot sy vlamme op ‘n kruis verdwyn het:
uitgebrand, gedoof, gedood,
die laaste lewe uitbetaal
en toe het weer die duisternis gedaal.
Maar eendag was ‘n Godsbrand in ‘n bos wat
nooit die bos gebrand het of geblus is nie –
en dus…
kon in daardie donker nuwe lewe vlam
toe God gesê het dat daar Lig sal wees
(en daar was):
in daardie graf  ‘n groot, groot vuur
soos die opkoms van die Son wat ewig duur.

Laat julle lig so skyn voor die wêreld…
Wees die wierook wat vir God sal brand…
ja, brand uit, brand uit en jy sal sterwe,
maar híérdie bos sal altyd brand en skyn
en bly en altyd lewe
en die ewige Lig beërwe.

 

Advertisements

Lynn Coulter – Mustard Seeds

mustardLynn Coulter – Mustard Seeds (2008, B&H Books)

Hierdie een al lank saam met ander van die afslag-tafel afgehaal (ek dink dit was maar R10) en het nou eers daarby uitgekom.  My leestyd was bietjie minder, want ek moes eers inhaal op ander dinge skryf – en daar’s nog wat voorlê.  Anyway, intussen darem hierdie boek gelees.  Dis ‘n ligte boek wat lees soos iemand se geestelike blog – ‘n gewone Christenvrou skryf oor haar geloof in moeilike tye.  Ek wou egter ook ‘n bietjie van die teologiese boeke wegkom en iets anders lees.  Ek het deernis vir die skrywer, maar dis nie vreeslike nuwe gedagtes of uitstaande traumas nie – ons ouers is ook al oorlede en ons is ook al deur soortgelyke krisisse. Sy belewe die gewone dinge van die lewe – siekte, verlies – met die Here en gooi dan haar mosterdsaadjies in die wind. Ek’s egter nie spyt ek het die boek gelees nie.  Die Here het dit gebruik om met my te praat.   My lesse uit die boek is:
1) dit is soms nodig om vir jou geloof te veg. Daar is baie aanslae op ons geloof vandag en ons moet veg om dit te behou – dit is oor en oor die moeite werd.
2) You’ve got to slow down.  You’re losing touch with the very same Jesus you’re telling others about. Sjoe…
3) As Job moes geweet het waarom hy ly sou God dit vir hom gesê het.  Hy sou dit ook vir ons gesê het as ons moes weet.  Ons HOEF dus nie te weet nie.
4)St Columba 521-597:

Alone with none but thee, my God,
I journey on my way.
What need I fear when Thou art near
o King of night and day?
More safe am I within thy hand
than if a host did round me stand.

5) In die midde van haar dinge hoor Lynn een dag ‘n stem: “stop struggling!” Dit beteken om op te hou spartel, om oor te gee aan die Lewensredder.  Toe ek dit lees, het dit vir my persoonlik ‘n diep waarheid bevestig oor oorgawe.
6) As hulle pastoor Sondae hulle diens afsluit, seën hy hulle met uitgestrekte hande en hierdie woorde: “Vriende, glo die goeie nuus!” Dis mooi.

Die mosterdsaadjie het wel by my aangeland.  Ek hoop dit het dalk vir jou ook ‘n boodskappie ingehou.