Monthly Archives: Junie 2015

Vadersdag-refleksie

Vadersdag-refleksie

of: Die hartseerste ding

of: Don’t go gentle into that good night

 

knoetserig soms hard die man wees

geplant ‘n boom by waterstrome wat

sy vrugte gee vir jare op sy tyd vir kinders

skadu vir die honde om te lê en rus

volkome trou die tonge uit wat asem

die kinders glo dat daardie boom so gróót is

standvastig altyd sorgend dáár maar

ouer ouer verloor jy daardie blaar en

kaler steek die takke uit jou vrugte minder

swakker kleiner laer later sien hul

net die boompie daar is menslik baar

foute maak verkeerd gewees

probeer gefaal ‘n kwasterige man

ou man

dis al

 

Advertisements