Monthly Archives: Februarie 2016

Bekering

Bekeer my

Sondag, 28 Februarie 2016, Lydenstyd

Klaagliedere 5:21

Bekeer my tot U, HERE,

dan sal ek my bekeer

vernuwe my dae

soos in die voortyd

skoolbekering

opreg maar min

dominee se seun

se dominee seun sondes

gering

maar vol skuldgevoelens

het U my geneem

28 Desember 1978

eintlik net ‘n herbevestiging

van vele vroeër

sondagskool se prediking

en daarna vele meer

bediening in

ernstig gesoek gevind verloor

geval gestaan verstaan

van goed kan ek eenvoudig nie

bekeer ek kan dit sê

maar kan nie doen

bekering as my beste werk

wegwerplik sinneloos

soos Jeremia weet ek

U bekeer ‘n hart

kan transformeer

daarom

soos elke keer

roep ek in u Wind:

bekeer my!

dan sal ek

my bekeer

Advertisements