Monthly Archives: Junie 2016

In die spore van sy geregtigheid

In die spore van sy geregtigheid

13 Junie 2016 / Psalm 23:3

Ek sien U nie elke dag nie, Here,

soms gaan U daar ver, daar voor,

maar vanoggend het ek weer U spoor gesien

in Phil Wickham se Holy, holy, holy

ek het dit raakgehoor, toe weet ek:

U was hier vandag, u spore eintlik oraloor:

in hierdie wind wat noord draai,

hierdie donker wolke, u tekens lê so rond:

in sommige se oë, in gesigte, papiere op die grond

(en ‘n leë straat wat so hard kan praat) –

baiekeer hoor ek die woorde wat na my toe kom,

wat sê dáár, dáár was Hy, volg net voort,

let net op sy stappe, loop net op sy spoor

– iewers voor sal Hy weer stop en vir my wag

en sal ek inhaal en sê dankie Here, ek weet

U is heilig, heilig, heilig.

Advertisements