Monthly Archives: Desember 2016

‘n Kersfees-seën

‘n Kersfees-seën

(Jimi le Roux, Kersdag 2015)

Mag ‘n ster jou hemel vul,

mag hoop jou op ‘n reis laat gaan –

mag jy in die nagte eng’le hoor,

en soek en vind en by ‘n wonder staan:

van aangesig tot Aangesig

mag jy Hom sien en voor Hom buig;

mag jy goud wierook mirre gee, jou  al –

ja, mag jou lewe Betlehem wees

en jou hart die stal.

15-thesongofangels

Advertisements