U wil geskied

U wil geskied

26 November 2017. Die dag van die Here.

 

Op hierdie Sondagmôre, Here:

“laat U wil geskied”.

 

Ek bid nie vir u toelatende wil nie, want dit geskied al reeds.

Daar gebeur immers niks wat die Almagtige nie toelaat nie –

oues vermoor, kinders geskend, diere seergemaak, goeies uitgewerk,

slegtes het ryk geword – sonder disrespek, Here, maar U

het vir dit alles, vir nóú, “ja” gesê.Dis soos dit nóú sal wees –

nóú is die aarde, dán is die hemel. Ek verstaan dit, maar ook nie.

Maar ek bid nie vir dáárdie wil nie.

 

Ek bid vir u volmáákte wil: “soos in die hemel, so ook op die aarde”.

Waarheen U op pad is, Here, met ons, dáárdie wil! U koninkryk se wil, Here,

wat moet kom: in ons land, ons mense, ons lewens – in my lewe: ja, wat is

u hémelse wil vir my? Tog nie stryd en spanning nie? Misverstande,

persoonlikhede wat so bots? Nee, tog waters waar rus is, goedheid en guns,

“al die dae van my lewe”, Here, hierdie lewe, op hierdie aarde –

nie net ééndag, dáárdie dag nie.

 

My kop sê “hemel is hemel en aarde is aarde” (en nog te veel ander dinge),

maar my siel het iets gekliek, verstaan, besluit – so ek bid onwrikbaar voort

“soos in die hemel, só ook op aarde”. Dis mos Christus se genade?

 

Ja, dáárvoor bid ek dan hierdie sonnige en deurmekaar môre.

Amen.

Advertisements

About Jimi le Roux

For more info visit my website at www.jimileroux.com Beskou all artikels deur Jimi le Roux

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: