Category Archives: Eucharistie

6. Gebed na die byeenkoms

Gebed na die byeenkoms

Doksologie

 

geseënd is Hy wat sterf

prys Hom wat bloei en skade ly

want net in swakheid kom die krag

die leed en smart is waarlik mag

vir Hom en dus vir ons

dis dood en lewe die

die een is soos die ander

vir ons wat sterf in U

Advertisements

5. Gebed na die kommunie

Gebed na die kommunie

Meditasie

 

sacramentum : die plek en tyd

waar sy en my domein versmelt

as ek kan glo word dié brood God

die wyn word bloed

die water wat ek drink word goed

wat Hy met my wil doen

en as ek ry, is dit genade

en as dit reën, is dit ‘n teken

en as ek ly, is daar ‘n seën

en alles hier op aarde

blomme mense prente

strate vullishope wolke

is vol van Hom en sy genade

alles alles alles ja is

heilig heilig heilig


4. Gebed by die deling

Gebed by die deling

Kommunie

 

een brood

een drank

een dood

 

een kerk: vereniging van swakheid

my broer en suster

my vlees en bloed

soos ek,

is ons

deur u genade

een

 

amen


3. Gebed by die breking

Gebed by die breking

Fraksie

 

Gees van goddelike lewe

vervul die brood met krag

die beker met u strewe

en laat ons eet en drink

u liggaam en u bloed

en uit u dood vir ewig lewe

ja transfuseer ook my

amen


2. Gebed by die nadering

Gebed by die nadering

Rekonsiliasie

 

ek:

alleen

dors

honger

leeg

moeg

moerig

nietig

sondig

swakkig en

verleë

 

daarom

dat ek nader

dat ek neem

 

Here

 

amen

 

 

Lied:

In God alone my soul can find rest and peace

In God my peace and joy

Only in God my soul can find it’s rest

Find it’s rest and peace                                   -Taize


1. Gebed by die aanvang

Gebed by die aanvang

Epiklese

 

daal neer o Gees van vrede

neem ons weg van hierdie plek

los ons op in U en laat ons met U swewe

bring ons eers terug as elke pyn verdwyn

tot dan Heer maak dit draaglik

deur U brood en wyn

amen