Het gewonder in watter mate Jesus MENS was aan die kruis – ‘n belangrike vraag vir ons verstaan van wat die kruis beteken đ Toe skryf ek iets op Goeie Vrydag, ‘n work in progress, maar wat!
Waarlik God en waarlik mens
30 Maart 2018 â Goeie Vrydag
Wat beteken dit om waarlik MENS te wees
as jy op Vrydag aan ân kruis hang? WĂĄĂĄrlik mens?
Benewens dat jy sterwend is, jou hart wat skop
van bloedverlies en skok; jou liggaam afgesak
aan spykers en jou asem kry nie lug, maar as
jy op jou voete beur om op te kom dan kan jy nie,
want daarâs ân pen daardeur? Die liggaam in extremis?
Maar wat gaan deur jou hart? Wat vóél jy as jou vriende
jou verlaat het, as jou ma vertrek van smart daar
staan â ân swaard het deur haar siel gegaan?
As jy in bloedsweet eintlik tog maar nog wou leef,
wou bly, nog goeie dinge doen soos preek, genees â
of dalk ân vrou en kinders kry? Voel mens dalk dat
jy dit alles misverstaan het, buite-om Sy wil gegaan het:
Waarom het U My verlaat, my God?
Voel mens of jou kop wil bars â die druising buite, binne
onophoudelik die drom: verniet, verwerp, verlaat, verlore?
Voel jy die donkerte wat kom, maar wil laat gaan,
sonder enige verstaan jou gees net gee in Vadershande?
Was dit sĂł om waarlik MENS te wees op daardie dag?
Ware mens, ware stryd en ware nood is wat God gebruik
om die sonde en die dood op daardie Vrydag te ontknoop.